DIE LOMP SPREEU
In my siel se tuin skarrel ’n lomp spreeu wag hy vir vrugte om te verskyn wag ek om op hom te skreeu skarrel ’n lomp spreeu om van my tong weg te kom wag ek om op hom te skreeu voel ek magteloos en dom om van my tong weg te kom wag hy […]
VERDRINK
Wilde waters vou my toe sleep my heen met ruwe krag massas druppels pak om my saam druis in my ore, stoot my met die stroom sleep my heen met ruwe krag terwyl ek spartel vir asem druis in my ore, stoot my met die stroom terwyl my voete rondtrap vir vastigheid terwyl ek spartel […]
VOETE
Voete mensvleis trappers vervoer liggaam oral trap spore in ander siele draers ©HMellet (Digvorm: ‘n Cinquian of “Elfie”)
‘n Vrou en ‘n kind
soms het sy saronge om die ronding van haar lyf gebind en die kind wat in haar sluimer laat ontwaak – sandaal se gespe los gemaak en weer kaalvoet spore oor ‘n strand getrap tot waar branders in die sand wegsak en onder wolke se wit en hemelse blou weer ‘n droomkasteel in die lug […]
Hoelank nog?
Hoe lank nog Ek kyk om my rond en ek lees, ek luister, en ek raak stom, verslae oor al die ellende in ‘n wêreld van hongersnood, oorloë, dood en siekte en ek sit my oop bybel eenkant neer en vra in ootmoed biddend Here, al die ellende is nie vir U oë bedek nie […]
Vir die kêrels daar buite
Vir die kêrels daar buite jou eksie-perfeksie sespakkie alles sit op die regte plekkie of dit is hoe jy glo, kêreltjie dink jy jou gespierde lyf sal die meisies se knieë lam maak? jy wat soveel grade verwerf het praat in tale waar ek g’n kop of stert kan uitmaak nie, kêreltjie vermoed jy die […]
Die brandmaer meisie
Die brandmaer meisie Ai, mooie maer meisie met jou fake geel tan fake gelerige gel naels fake duur grand klere super high bling shoes en fake bruin highlights in jou blonderige hare, eet jy ooit genoeg, skat? Dink jy, engel, met daai lae op lae make-up wat in elk geval soos ‘n aangeplakte masker lyk, […]
Eenkant soos ‘n wildsbokkie
Eenkant soos ‘n wildsbokkie Waarom vrees mense die stilte en om alleen te wees? Waarom liewer een met die skare ingehok in oorvol kafeetjies, winkels en restaurante onrustig en bang om eenkant afgesonder te wees, vanwaar die kudde instink van veilig in die groep? Ons sekuriteit is gesteel, die alleenmens het ‘n prooi geword agter […]
Ataturk
Na die groot veldslag by Gallipoli in Turkye waar jong Turkse en Australiese manne van 18 jaar gesneuwel het, was dit Ataturk se woorde in 1934 op die monument: Those heroes that shed their blood and lost their lives you are now lying in the soil of a friendly country therefore rest in peace, There […]
Blougrys maan
In die skuilings van jou hand het ek my hart verloor van ‘n hand wat my vӗr verby die harsland kry My droom is jou vlug jy is my ewewig maar kom ek daar verlang ek terug Jou lag het my laat glimlag oor die antwoord afgemeet dat die verlange van die blouste berg ook […]