My gebede(m)uur
Iewers in die verre Jerusalem staan ek gesluierd (ook denkbeeldig) op kreukel-knieë biddend voor hierdie ó so vreemde gebedemuur. Gebedsnotas orals in gebarste stene gedruk, hartsbedes van suiwer geluk, maar ook trane uit die wese geruk wat die muur as verskuilde graffiti versier. Smekend om te mag lewe na die heilige gebod, liefde tot my […]
My labirint
Spartel my ontroeringe soos ‘n fynbosverlange wat deur my labirint tot ‘n voltooide sirkel waarin ek ongeveinste liefde vind. Verwonderheid wat uit blomverdorde-kokon tot skoenlapperskoonheid bloei in lewegewende nektar van die liefdeson. Fladderende emosies wat ewigdeur eb en vloed in jou oë se vurige gloed kom kolk soos lawavure deur my bloed. © Anzé Bezuidenhout
Jy
My bed is leeg vannaand leemte Daar waar jy moet lê Jou skekdel skets Vervreemd Onafgeruk op jou kussing Heuwels van herringering Misbaar Oor die linne landskap heen Reuk van jou onverweef in duursaam sagte vessel Jou DNA onvertoef Geen haar Geen jy Ongekreukel jou gewete en Ek afwesig in jou gedagte Myne verwaai met […]
Ontkiem
Soos drupples oor dor landskap hande vat en riviere maak Soos die ink van my pen die holtes van vrugbare grond vind nederig en stil lê en wag, ontkiem my gedagtes en word jy gestalt vir my
Gekneusde siel
Gekneusde siel Ek wonder oor daardie dae – hoe jy die son wou pluk uit die stil wingerd van sterflikheid – hoe jy dié gesig in jou jas wou bêre, mosbegroeide oë in skrefies geplooi – Waansin stap met ʼn wandelstok those who find they’re touched by madness* in verafgeleë plekke sit down next to […]
Die Reën Het Gekom
Die Reën Het Gekom Met die natuur se rëenwaterstort verfris, is die donderbui weer vort en reënboogkleure fleurig soos uitgespreide poustertvere keurig belyn koepel oor die wolkehemel en met lewe wat weer opflikker, wemel en huppel dit jubelend oor elke kosbare druppel wat red uit die versmorende snak van droogte se wrede knou en knak […]
Genadeloos
Ek weet dis seer want ek’t gehoor wat die wreedheid aan jou doen ‘n Vrou wat sterf aan kanker dat jy nie in die nagte kon slaap dat ek die ligte trilling van jou hand voel hoe dit in my gemoed brand Het grou skaduwees ‘n pikswart sluier oor jou oӫ laat sak en die […]
CIPSY VROU
Cipsy vrou Hulle noem my die Cipsy vrou Lappe syagtig jassies om my gevou Oorbelle ringe armbande self getou Grimering sag gevoeg om my oë. Ek bly nie in a karavaan het nie ‘n Kristal bal Sterk aanvoeling en sensitiwiteit Loop soms kaalvoet en geniet Die natuur My maatjie jy vra my verniet oor more […]
Jy die wind het altyd gewaai
Jy die wind het altyd gewaai so sagte windtjie wat swiep vol teerheid soos jy waai deur die ou boom se blare nou het jou rigting gedraai sny jou yskoue waai deur die bome se takke en die blare vou onder die koue en geniepsigheid in die oggend is die dou van die vorige nag […]
Koningin Van Die Nag
Koningin Van Die Nag Van sekelmaan tot volmaan het ek geleidelik in volheid stralend en statig arriveer as koningin van die nag – – – My glans het die magiese towerkrag van liefde en laat dit opbruis en ontvlam in jong aangetrokke harte – – – Ek gooi my strale oor die oseane en laat […]