Jy vertel my
Wanneer ek terugkyk deur die vensters van stukkies onthou staan ek verwaaid in die woestyn’korrels oor gedagtes van jou Loop jy kronkelpaaie deur my hart se gange jy vertel my van die maan se lag jy vertel my van die druppels dou jy vertel my van die diepste blou Waar skatte in my oӫ verskadu […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n vinnige versie
ek bind ‘n bont sarong om my goudkoper lyf ek buk langs die water om my woorde te skryf in die sand van die see in die blou van die lug word ek die albatros wat deur hemele vlug ek wydsprei my vlerke ek’s ‘n wolk voor die son en patroon al my druppels […]
Dieselfde Lot
Dieselfde Lot (Skilder Paul Sanzanne) Hulle het gekom, en hulle het gegaan beroemde sangers, digters, skilders skrywers en krygers- – – Ons luister na hul pragtige stemme en staar verwonderd na hul skilderye, of ontspan met hulle boeke en gedigte maar die penne is lank gelede neergelê en die inkpot het intussen opgedroog wyl die […]
Saphira se Jeukerige Rowe
Die swart-en-bruin Feetjie Hond loop onrustig deur die kasteel. Sy sien goed in die klipgange wat nie regtig daar is nie. Sy soek wat vermis is al glip dit weg voordat sy dit kan bereik. Sy hou aan hiermee totdat sy ingehok begin voel. Sy gaan uit in die kasteelmuur en loop rond tussen die […]
Tranekatarsis
Tranekatarsis Trane ontlaai die drukkende emosies nes ‘n stoomklep wat open en trane ontsnap uit die oë soos helende balsem vir die verskeurde gemoed en die opwellende snikke en rukkende skouers ontpers trane uit die dieptes van jou sieleleed en biggel oor die wange soos lawa wat diep uit moederaarde se gesmelte buik vloei en […]
my beendere
Geraamte, ‘n raamwerk sonder vlees Almal lyk eenders, roomwit kaal. Bene van my mens Kom laat die lewe vir my vlees aantrek. Laat ervaring my leer Bou my gehue en laat my leef. Blaas my asem in en Laat passie deur my are pols Spier ferm, stokstyf tot euphoria… Beeld geheel, nou vleesig jong jare, […]
‘n nes
Langs ‘n lang reguit pad wat anderkant die rand verdwyn staan ‘n telefoon paal Stokkerig, regop hout verweer met die plooie van ‘n eeu. Op ‘n telegoon paal ‘n grasdak geweef fyn, kunstig elke grassie in gevleg Op ‘n telefoon paal ‘n duisend of twee môre buurman middag mevrou honderd kleintjies tjierts onophou Op ‘n […]
Asemloos
‘n Wolk het oor die berg kom lê (selfs wasem moet ‘n rusplek hê) soos ‘n laken oor die lyf van een wat dood is. * Toe huil die wind deur die doringboom (die een waarin die singvoëls woon) en treur duiwe in ‘n beurtsang in die wete dat vuur en vlam en son verdwyn, […]
Moenie Bang Wees
Moenie Bang Wees Thula, thula my kindjie, as die aandskemering en onrus jou oorval moenie bang wees vir die naggeluidjies nie my kindjie thula, thula nou wees rustig ek hou jou veilig in my arms – – – Buite het die naglewe ontwaak en die muisies skarrel oral rond tussen die bossies om veilig uit […]
Die Ware Ek
Die Ware Ek Kul jou hier, kul jou daar wat jy sien is nie regtig ek maar bloot ‘n misleidende fassade waaragter die ware ek incognito skuil as ‘n skaduskim sku vir skerp lig se blootstelling eintlik maar ‘n introvert maar soms tog ‘n vrolike ekstrovert bietjie verleë Ek is ‘n lewenslange gevangene van my […]