My Hooglied
My Hooglied Ek wil my liefde in ‘n hooglied besing, maar met geen breedsprakerige hoogdrawendheid nie want my tong is nie baie welsprekend nie en die woorde ontbreek soms, daarom sing ek my loflied in eenvoudige taal en roep die wonderskone stilswyende natuur as getuies om my liefde in hul volle prag te weerspieël en […]
….FRATS-ONGELUK BY STRAAT 9….
Dit was net so diskant sewe toe Peter die oproep kry, en die ongelukkige nuus in sy harde hart in vat. “Meneer Du Preez daar was ‘n ongeluk, Debra het gesit dat ons haar hare doen vir julle huweliksherdenking vanaand, sy het te lank met die ding op haar kop gesit. E…..e…ek is vreeslik jammer!” […]
Die digter is ‘n onbekende landdros
(Die digter is ‘n onbekende landdros soos dit in hulle tydskrif verskyn het, en in die tweede deel het my swaer,toe ook nog ‘n landdros dit aangepas vir my ma se troosdiens) Is dit, is dit. Daar staan ‘n man op die Biedouw se rand, hy staan en kyk kyk na die land— Wie het […]
OGGEND
Die halfmaan skud net so voor die nuwe maan sy donshare af en skil skerwe van sy wit toga tussen die sterre uit en ek sien hoe die groen gras liefdesbriewe uitstuur om die dag se bok-bok nukke te paai tot lag Die dou kom soek skoor by my voorstoep kielie die malfaplante met yswater […]
KOM RY SAAM MET MY
Asseblief tog toe kom ry saam met my dan wys ek jou die son se lag as hy opstaan in die oggend en die mis se lafaard strepe as hy wegsmelt voor die somer se oggendhitte Ry saam met my dan wys ek jou die oopvou van ‘n oggend blom as hy die nag se […]
LOUIE SE PSALM
Ek kyk na die swaeltjies kommerloos in vlug en hoor God se Woorde Ek maak jou vry Ek kyk na die os sien sy juk en hoor God se Woorde My juk is lig Ek kyk na die miere geen sweep dryf hul arbeid en hoor God se Woorde die oes in die lande is […]
sterre reën
saffier smarag blou en groen die dag liefde woed sug ‘n robyn se gloed vol krag is my gees ek dra die vlag vreesloos my hart sterk van moed geloof dapper skarlaken lewe bloei woestyn van pyn skroei en vloei koud hartseer en alleen reën en reën sterre trane glinster blink in jou oë diamante […]
My Liefdevolle Aardse Ouers
My Liefdevolle Aardse Ouers As kind onthou ek my liefdevolle ouers was altyd beskermend rotsvas en sterk daar, en ek het gedink hulle sal vir altyd onsterflik daar wees — As die trein vakansies voordag op Karasburg stop en jou oë sy gestalte op die skemer perron soek was hy daar, altyd betyds daar, en […]