Verganklik (Italiaanse sonnet – petrarca)
Ek voel die winter in die somerbries vroegmôre deur my kamerruite waai en buite word die doringboom verraai. In sy elk’ blaar skuil daar ‘n soort verlies – die herfs lê immer in die wind se kies. As suidoos na die noordwes begin draai word fyn loof om die skilferstam* gesaai die najaar bly die […]
Hoeveel van die
Hoeveel keer in vergane jare- bakhand gedrink uit bergstroom rou-voet gestap deur barre land bloots op esel se rug geknyp kosmos loop pluk in niemandsland Hoeveel druppels soutsproei geproe langs seewier strande geskulp in half-son hand- in- hand gestap herinner aan bederf- tye saam met somer en lenteharte wat liefde alom weer beaam Hoeveel sakke […]
Tussen reënboë en doringdraad
silwerson en donderwolke daar bo die baksteen woonstelblok klou ‘n kolgans in die weswind aan omber teëls en dak se nok waar die boulevard oor die N1 baan sal winterlelies weer so geilwit staan nóú sirkel duiwe in hul wydste draai verby ‘n blouvalk en ‘n wegvlieg kraai * ek weet – die lewe loop […]
Diepseeblou Oë-see
Diepseeblou Oë-see Hy kyk in haar oë en raak kompasloos en reddeloos verlore in die mooiste aanloklikste diepseeblou oë-see met ‘n boodskap so geheimnisvol en onpeilbaar wat verborge skakeer tussen viooltjieblou en turkoois en onder ‘n vraende ondersoekende blik ontwykend terugdeins en wegsink in onbekende ongekarteerde oë kelders om daar agter versluierde wimpers haar geheimenisse […]
Soos een wat op verlossing wag
êrens waar die sterre tuimel uit die newels van ‘n melkweg êrens waar ‘n towermaan oor ‘n dor en barre aarde skyn breek ‘n boom ‘n klip en kremetart sy onder hemele oneindig wyd en ruim diklyf, kaal en sonder skaamte wring sy haar arms tot geraamte en laat haar vingers teen die silwer nag […]
Praat met my
Ek vra – roep uit, ek soek na jou! Ek is verewig en altyd met jou! Is die belofte ooit die waarheid of is dit net wensdenkery? Dit was van korte duur, o so kort, jou liefde het geblom, jy was vry ‘n vlinder wat in die wind sweef. Waar het jy heen verdwyn? Het […]
Sing vir oulaas weer Elvis
gee my jou hande vir die heel laaste keer kyk, ons albei het letsels ons albei het seer wys vir oulaas jou wonde en ek wys jou myn’ beide geskonde gevlek en onrein die lig in jou oë dit bly my ontwyk eens was daar sterre en lag in jou kyk hoe sag kon jou […]
HOE DURF JY
hoe durf jy aandlantern doof en krioelende massas van maanlig beroof om ons eie liefde op te kikker suinig inhalig met maanligflikker hoe durf jy natuur se prag loop steel al die uieke blomspesies in rooi, ligpers, wit en geel sodat ons al die geure diep salig inteug en neuse stuifmeelverf soos in ons wilde […]
ZELDA HFST 6
Die oggend is Zelda vroeg op om soos gewoonlik vir hulle ontbyt te maak en is haar voornemens om die saak met Paul oor ontbyt te bespreek. Sy kom egter nie so ver nie en besluit sy om dit die aand te doen. Min wetende dat Paul met dieselfde gedagte sit is dit n uiters […]