Simson’s heuningstroop
sonder frustasie of swart gemoed ken jy die kronkel roete na my hart wasem die soet van jou asem oor die palm van my wang met ‘n sagte vlindervat blom begeerte roospienk soos perskebloeisels in jou kyk smelt ysriviere tot smeulende lawavure waarvoor tot die gerubs wyk in tsunami vloed jou hartstog oor die sagte […]
Briefie vir jou (2) …
soos soveel ander Sondae raak die dag teen namiddag leeg en dis dan wanneer ek in die hoogste graad intense verlange begin pleeg en toe ek netnou die son sien waar dit agter die bome wegkruip kon ek voel hoe jou verlange ook hier na my kant toe sluip ek kon aan jou arm raak […]
Sagkant van jou hand
sagkant van jou hand I closed my eyes softly and fell in love with the way I remembered you: body, soul and all – C. Pointdexter verlange kom soos onweer dreigend oor die hunker op horison se grys, kom glimlagte van beelde, heimlik verbloem, in die gange van geheue… dansend deur die vlaktes tussen kosmos […]
DAAI DROPHÊNDELS
[Na aanleiding van ‘n vertelling oor fietse en ander rytuie deur Hennie Fritz, het die volgende staaltjie uit my herinnering boontoe geskiet.] Daai ding met die drophêndelsfietse! Die ander naam vir drop, hondebloed, kom daarvan want dit proe regtig na bloed — in hierdie geval, neusbloed. Jy sal weet wat ek meen, as jy al […]
So sien ek jou.
Waar jy glimlaggend langs my staan is rustigheid en kalmte oorweldigend en kan onsekerheid glad nie bestaan. Ten aanskoue van die lewenslus in jou, gevul met emmers vol liefde en vrede word ek weg gevoer en hartseer verflou. Jou rok met rooi en blou en geel blomme, omhul met die groenigheid van vrolikheid het ‘n […]
Die liefde bly my ‘n giswind…
My vensters bly klater met toe deure wat klap tussen die geskater oor ‘n sieklike grap en perlemoen lê die see, halfmaniggeboog; ag, wát sou ek nie gee vir daai vonk in haar oog!? Blinklyf ry die branders onder vier-uur se son as ek pyn -ja, ek pyn!- oor ‘n liefde wat kon as ek […]
Sien Jou Weer
Sien Jou Weer Soveel handdrukke en lighartige totsiens sien jou weer, en nooit weer gesien— Soveel piksoene op die wang en lighartige totsiens sien jou weer, en nooit weer gesien— Vriende het gekom en gegaan waar is almal heen? Weggetrek, geëmigreer, oorlede of traak net nie maar jy geniet die tuisblyers en nuwe vriende wat […]
Verbrokkelde werwels of geheueverlies
Esmeralda bekyk haarself in die kleedkamer spieël en die pyntrek in haar oë word duidelik terugweerkaats na haar. Op 45 jarige ouderdom voel sy andersins perdfris en gesond en nog vol energie om saam met haar kinders krieket en netbal te speel, dis net hierdie alewige pyn in haar rug wat haar menige dae onderkry. […]
ZELDA HFSTK 2
Op die kop agt uur stop Zelda voor “African Art and Culture”. Sy sit n paar oomblikke stil en neem die vooraansig van die winkel in. Sy hou dadelik van wat sy sien en neem sy die koevert met al haar dokumente in haar hand voor sy uitklim. Toe sy voor die toe deur kom […]
DIE SOMER LOOP WEG
Die tarentale het laasnag voor my uitgedraf om my te gaan wys waar die wind sy buik met die winter se ysasem by die son se wegloop skadu’s vul Die bosduiwe sit vanoggend ‘n half uur langer met hul vlerke soos naaldwerk in mekaar gevleg voor die son hul roep en hulle ontrafel om my […]