DIE WINKENDE DOOD HFSTK 1
Catherine Scholtz sit haarself aandagtig in die groot spieël in haar kamer en beskou. Die beeld wat na haar terugstaar is die van n jong tienermeisie, 17 jaar oud. Hierdie 17jarige meisie het korterige blonde hare, met die mooiste blou oë, fyn gelaatstrekke, haar jong liggaam het sy volheid bereik en word sterk beklemtoon deur […]
Skeepswrak Transformasie
Tussen erosie roes metaalskerf van eens reuse, trots vegskip – het haar verlange vasgekleef tussen vaal seewier en koraal, was haar drome vasgeweef In die oopbek splinter skatkis tussen edelsteen en munte – het toeka se skitter pêrels aan flenterstring goudketting leweloos, net daar gehang Soos verweerde skeepsanker begrawe in soutsee sand – is haar […]
Die Hemel Weet Hoe Lief Ek Is Vir Jou II
Huppeltjie, trippeltjie, druppeltjie dou, die Hemel weet hoe lif ek jou het. Want soveel goeie goed gebeur met ons, jy’t my drie jaar terug uit hartseer kom red, en alles wat jy vir my doen laat my hart opgwonde gons. Ons kan dankbaar wees teenor Hom, ek en jy het mekaar per toeval gevind, ons […]
Die hemel weet hoe lief ek is vir jou …
Huppeltjie, trippeltjie, druppeltjie dou, die hemel weet hoe lief ek is vir jou. Want waneer ek hartseer is vertroos jy my, waneer ek na familie verlang weet ek jy is altyd naby. Jou oë vertel vir my ‘n verhaal van altyd saam wees, ek is altyd daar vir jou in liggaam en in gees. Waneer […]
Dit moes liefde gewees het …
ek kry jou fluister op my kussing ek sien die winter op die grond as ek wakker word is ek alleen die maan ‘n groot bal, koelrond daar is stilte in die lug in my kamer, rondom my tog hoor ek jou nog fluister in ‘n droom so pas verby ek kan nog altyd dink […]
DONSKOMBERSIE
Ek het vandag laatmiddag die dag se wegloop so plek-plek vasgetrap en ‘n bietjie dag se somer goud gaan bêre onder my slaap se donskombers Ek stof die dag se goud-as van my kamer vensterbank met ‘n glimlag af en maak vir my ‘n afvalkussing wat pas by my donskombers gemaak uit gister se druipstert […]
DIE KIEWIET SE GEROEP
Roep die kiewiet klankloos in die wintersnag swaai die Dennebome swierig boombas boudjies in die ysbevrore gebarste vingers van die wind terwyl ‘n Rubberboom se takke ritmies tussen al die stadsgeluide kraak Verdorde skimme van gister gly astrant oor vandag se toonstamp paaie en vervel gewetes van mensgedagtes in die nag terwyl die golwe van […]
Jy Is Myne
Jy is myne. Ek het jou dadelik herken en geweet jy is myne en ek het my geroeste hartskarniere geolie en die deure het geluidloos sag oopgeswaai dat jy kan inkom— Iewers vandaan het jy en die liefde vlindersag ongemerk sonder trompetgeskal arriveer in my lewe as die mooiste en blinkste ster aan my hart […]
Die reuk van vars ink
So kruis my pad onverwags ‘n vroutjie van 85 wat brei en blokkiesraaisels invul en daagliks 4 km stap. Ongelooflik. Dat ‘n mens jou kop so jeugdig op so ‘n ryp ouderdom kan hou. Sy beduie dat dit genade is dat sy, alhoewel nie altyd gesond nie, gewoonlik besig kan bly en sodoende nie tyd […]
Nou weet ek tyd is baie Kosbaar…. (Carpe Diem – Gryp Die Oomblik)
Tyd het so vinnig verby gevlieg, pappa, ek en jy het mekaar heeltemal te min gesien. Ek dink aan al die kere wat ek langneus ontwikkel het, ek het baie vir pa gelieg, ek wonder ook soms hoe kon ek so goeie pa verdien. Ek sou eerder laaste goeie oomblikke saam met pa wou deel, […]