BEPLANNING ARMY STYLE
BEPLANING ARMY STYLE In die beplanningskamer is die kaarte van die aanvals zone opgeplak rooi vir vyandelike magte van kubane en hulle meelopers met hulle lugsteun en Russiese adviseurs blou vir eie magte se veggroepe wat ontwerp is vir vuurkrag wat dit kan lewer die infanterie is n bataljon sterkte toegevoeg is n battery G5 […]
INFANTERIE GEVEGSVOERTUIG
IGV IGV beteken vir n soldaat n Infanterie Gevegsvoertuig sy noemnaam was Ratel en sy naamgenoot is gepas daar was n tyd dat ek sy stats geken het van sy gewig tot elke detail van sy lyf tien man kon hy toemaak in sy maag wanneer jy in n ratel ry hoor jy daai enjin […]
Buffels in Soweto
Buffels in Soweto My weet van Soweto is anders as nou want ek was daar toe daar nog buffels was in Soweto op die straathoek was ons ontplooi in ons buffels wat eintlik n teenmynvoertuig was die SAP het Caspirs gehad maar ons was oop in ons buffels maklike teiken vir n klipgooier en soms […]
Splinternuwe dag
waar die son skaam haar maagdevlies in pienk oor horison kom skeur word daglig na roosrooi verkleur sprinkel sy traandruppels in diamant-reënboë oor tenger stingels van die grastapyt dan ontvou sag die mooiste deel van ‘n wonderskone splinternuwe dag © Anzé Bezuidenhout
Die vlaktes van my hart
My rooi-rooi hart speel-speel in die watervoor ‘n fluistering saggies teen jou hart se venster oor die kanteling van jou glimlag kom die liefdes reën oor vlaktes gejaag en die wind roer ligpatrone wat dof’glimmer in die groeiende skemer
Net jou hand …
die see is rof-onstuimig soos die storm in my hart die seevoëls raas aspris met skril stemme wat my tart ek het jou gemis vanaand die see was sommer grou die branders ken ‘n nuwe lied ons het dit saam geskryf vir jou ek wou die boodskap by jou kry die golwe moes dit leer […]
Ek onthou.
… en ek onthou hoe jou hand geproe het vasgebind aan die hospitaalbed toe ek dit die laaste keer gesoen het toe ek jou vir die laaste keer vertel het hoe baie lief ek jou het. … en ek onthou hoe dit gevoel het die laaste keer toe jy my hand gedruk het toe jy […]
AFSKEID VAN N STAATMAKER
Koos Lourens stap stadig na die lokoloods in Bethlehem toe nadat hy aangeteken het vir trein 72 Bloemfontein toe. Vir n paar oomblikke gaan staan hy voor die lokoloods om die toneel voor hom in te drink. Blasend in sissend staan die lokomotiewe soos jong resiesperde, reg om weg te spring. Met haar blink lyf […]
Skoenlapper sag
Skoenlapper wyd wapper jou vlerke Skoenlapper wyd wapper jou vlerke as die reën sag stuif op grasperke vertel jy ‘n storie oor die natuur wat sag hier in my hart kom lӗ