lig (Goud)
Kersfees gedenk die Jesuskind onder die lieflike Bethlehem ster die mooiste lig in die fluweelswart nag omvou die Kindjie-klein sag © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024
serenade (Goud)
in afwagting op Kersfees…kinders wat sing by kerslig wat in die sterre weerkaats blinkoog en vreemd-bedeesd: dis Kersfees, dis Kersfees! © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024
Ek onthou… (Goud) 246 woorde
Gevoelsmens wat ek is, drink ek reeds van kleintyd af alles wat om my gebeur, in met my hele wese. Die tyd waarvan ek die meeste en mooiste herinneringe koester in hierdie nostalgiese siel van my, is Kersfees. Ek klim baie maklik in my kinderskoene en beleef weer die verwondering, vreugde en magic (my kinderbeskrywing van Kersfees) […]
Reënboog (Goud)
teen die blou lug hang daar wolke in ‘n wagting op die wind en soos met die omval en die opstaan van ‘n kleine kinderkind sal ‘n hupstoot of ‘n rugsteun die waarde kan verleen waarmee iemand hierdie Kersfees weer sy reënboog sal kan vind Andries Fourie (Seirdna) 23.12.2024
Kersfees in Europa
in middel van winters dag skyn ‘n Lig, heilige dag van Kersfees het aangebreek, om Sy liefde wat in ons is te vier, Sy hoop na verwese wêreld te bring kindjie Jesus, gebore in ‘n nederige stal, bring vrede en oneindige vreugde mee, Sy boodskap van liefde motiveer ons, om in oneindige […]
Die ware fees (Brons)
Die ware fees Kersfees hunker na saamwees knus toegevou in ‘n karos van ‘n heilige gees van boom tot kruis kniellend bedees want by die krip van ‘n Hemelse Koning vier ons fees. C Diederiks ©
toekomslied
boereseun van die berge van stoere boere bloed aan my vaderland getrou bly ek tot ek moet sterwe geen prinse van nêrens af of konings van verre buig ek my knieë voor gasvry en beleefd is ek wel godsvresend lewe ons saam ons geloof altyd sterk daarom bly ons altyd so getrou […]
in absentia (silwer)
in absentia by ’n lang tafel waar agt kan sit is slegs twee borde gedek want die kinders het laat weet hul vier Kersfees op ’n ander plek © Hester Steenkamp
Somerseisoen (Silwer)
Somerseisoen Kersfees word gevier met ’n braaivleisvuur en oor strande speel branders ’n klokkespel Met koue waatlemoen in ’n somerseisoen kom families saam om seëninge te tel © Hester Steenkamp