Heimwee en kindwees (Goud)
Penningpoeding en dik vlasous kaneel en moskonfyt ma ek mis jou … in die stilte van kersfees jolyt ©️ Amanda DM
Die liefde van Christus?
(Woordtelling: 149) Vandag kyk ek met dieper aandag na die kinders, want in hul oë kan jy sien of daar, agter toe deure, ʼn balans gehandhaaf word tussen geloof en die sondige gebruike van die verleidelike wêreld. Vandat ek begin het om weg te beweeg van die fundamentalistiese siening rondom ons Christelike geloof, het […]
O Kersfeesboom, o Kersfeesboom
(Woordtelling: 135) Mammie het gesê ek is ʼn rebel, en dit was verseker nie as ʼn kompliment bedoel nie. En dan is daar die nare streek om presies te doen wat die ander persoon irriteer, en genot daaruit te put. Sies Ano! Selfs as volwassene het ons nog nooit ʼn vreeslike ophef van Kersfees […]
Kersfees is nie vir kinders nie
(Woordtelling 250) Kindertyd se Kersfees is niks om oor opgewonde te raak nie en is maar ʼn vaal en gevoelige herinnering. Om dit vinnig op te som, my ouers het opgehou om Kersfees te vier toe ek, die laatlam van vier, skoolgaande ouderdom bereik het. Ek weet baie deeglik waaroor Kersfees gaan. Christen ouers […]
Dit betaal om Kersfees te vier
(woordtelling : 249) As verkoper is ek dankbaar dat mense Kersfees vier want opgewonde kopers spandeer aansienlik makliker. Dit is voordelig om hierdie opgewondenheid tot op die laaste druppel te melk. Die ekonomie van Kersfees is globaal en begin reeds in Oktober met die hoogtepunt gedurende die laaste week voor Kersdag. Mense koop nie […]
sprankel
uit tortelduif se melodie kransduif se ewige gebrom kolganse se besoek op my dak verdwyn die mistroostigheid van bewolke hemeltrans dankbare onverstoorde asemteue van vars seelug suiwer my gemoed en streel my siel in Sy heerlikheid wat my deurdring wat sprankelende gedagtes verwoord in onfeilbare werklikheid van onverklaarbare genadegawes onmeetbare liefdesgebare […]
sensoriese euforie – Brons
wanneer Kersfeesklokke beier en tinsel oogverblindend blink strek liefde en hoop veel wyer Sy geboortedag word herdink
verlig – Brons
die stille nag in my kwyn soos mis voor die son waar liefde en vrede gedy Kersfees … hemelse bron
lig (Goud)
Kersfees gedenk die Jesuskind onder die lieflike Bethlehem ster die mooiste lig in die fluweelswart nag omvou die Kindjie-klein sag © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024