toe en nou
oop en toe maak die jare so gister was dit vandag, en vandag is dit môre met ‘n weerklank van pyn is die nuwe jaar gebore in duiwelse verdowing is dit gebaar en gevroed geen profetiese redes daaroor nie slegs die wete: ek is hier die golwe ruis en sus my siel […]
So onthou ek ons somerkersfees.
As kindjie klein in die dorre warmte van Upington, was Kersfees iets besonders. Pa Jan wat by die spoorweë gewerk het, het elke jaar die kersseisoen net soveel waardeer as ons. Oukersaand was die hoogtepunt! Die atmosfeer was gelaai met opwinding en vreugde. Ons gesin, ek en ouboet Nico saam met ons mamma en pappa, […]
Lig in ’n eensame feestyd.
Lig in ’n eensame feestyd. Kersfees is ’n tyd van ligte, geskenke en geselligheid – of so word daar vertel. Tog is hierdie tyd van die jaar vir baie mense bitter eensame dae. Winkels blink van versierings, gesinne lag saam rondom tafels, maar wat van dié wat niemand het nie? Hulle wat in stilte na […]
Die ekonomie van die feestyd.
Die ekonomie van die feestyd. Kersfees is vir baie mense ’n tyd van vieringe, maar dit is ook een van die grootste ekonomiese gebeurtenisse van die jaar. Die invloed op die ekonomie, is nie iets wat ons maklik kan ignoreer nie. Die kleinhandelbedryf beleef ’n groot styging in verkope, wat dikwels in die week voor […]
Lig in die Duisternis.
Lig in die Duisternis. Kersfees is meer as net geskenke en blink liggies. Dit is ’n tyd van hoop, ’n herinnering dat lig altyd sterker as duisternis is. In ’n wêreld vol haas bring hierdie tyd ons nader aan mekaar. Gesinne wat saamkuier rondom die feestafel, deel van die seisoen, selfs al is die wêreld […]
’n Helder ster (SILWER)
’n Helder ster Kersfees, ’n krip wat die hemel onthul, waar liefde en vrede ons wonde kom vul. Die helder ster wat skyn, wys die weg na Hom, ’n Verlosser wat sê: “Kom net soos jy is, kom…” ©MarleneErasmus 31/12/2024
samesyn (SILWER)
samesyn Kris kras ritsel geskenkpapiere in die nag, Kersfees bring die vrede in ons sagte lag. ’n Boom vol liggies, fluisterend vol vreug, waar samesyn soos sterre ons harte verheug. ©MarleneErasmus 31/12/2024
Die Tiekiepoeding
“Ouma Rykie! Ouma Rykie, kyk my tand is uit!” het klein Talia vanoggend dadelik aangekondig, terwyl sy by die agterste motordeur uitpeul. “Wat het jy by die tandmuis gekry?” het Oupa Piet ondeund gevra. “Honderd rand! Oupa,” het sy trots gesê. Maryke sit en luister na haar kinders se vrolike gekwetter rondom die reuse- eetkamertafel. […]
gewaarwording
die mooi en die blink wat vir jou wink kan dikwels stink soms dik aangeplak onder room versteek lê eergister se leed skimblink geverf met lippe getooi in purper se rooi maar oë kan nie lieg fyn plooitjies wat vertel van elke pynlik aardse hel elke hoog en laagtepunt beēndig lewe van kind […]
Ruiltransaksie ala Kaaps Goud
ek gee vir jou n sak meneer vol vars gehakte snoek in ruil vir die duusman se lekker kersfees koek ©️ Amanda DM