Waar rooimiere dans oor gesteelde Slaap
#Brons Waar rooimiere dans oor gesteelde slaap As die slaap nie sy lê kry en die dagbreektrein sy tyd vat, kom vier die rooimiere fees en hardloop resies in die bobeenbaan. Die nag is stil, bitter stil. ‘n Geskuifel en ‘n snork na asem breek so nou en dan die soete slaap van die medereisiger […]
somer (Goud)
die son los die aarde stadig en bemors die horison met ‘n oordaad oggendstond ek pepa die dagbreek baldadig dag-in die somerson vloei soos goud uit my wye mond ek ruik weer arikaners oopgevlek in my kinderhand en deur my somer-palms verwond ek onthou my pa se rotstuin my ma se […]
Stad
Wink uit end Hoog, wyd, blink, gevlek deur tyd, Tapisserie van idees, abstrak verweef met bloed, Sewentigduisend vensters verflenter deur nyd, Rooiligte flikker dof, tooi hoeke in gloed. Wolkekrabbers prik hemelhoog, Verligte bakens teen die dofswart hemelruim, Waar lawaai sonder ophou swoeg, Luide simfonie van lewe, bont, wild, skuim. Duur reklames basuin hul boodskap flink, […]
vlerke
word stil in jou vlerktog kind alles wat jy sien is ondeurgrondelik alles lank reeds voor jou tyd bepaal wees goedhartig, beleef en liefdevol vrede, vreugde en geluk op jou pad klim die berge voor jou met moed voltooi elke tydvak met eer wees dankbaar vir elke mylpaal wat jy bereik oefen jou […]
strandloper (Goud)
alleen iewers aan ‘n kus sal die oseaan se meesleurende brandergeruis my slape sus net daar sal ek dig oor die skaam klein krappe wat met water-terugtrek blitsig sy-nael en woeps! in hul gaatjies terug my verse sal bind met die gewydheid van my kus-wandeling sraks sal my verse vind […]
In brose blou (Goud)
’n Brose blou-eier breek in sagte beweging, soos klokgelui kraak die dop se rand. Babasagte goudgeel dons bewe bang, met ’n eerste fladder, vlerkies nog broos. Kuiken koes knus onder kwynende lig, sonstraal streel stil oor die nes. Klein pote trap teer-onseker eerste treë – ’n wye wêreld wat op hul wag. Nuwe lewe lê […]
sporadies
sporadieser as dit kan dit nie sporadiese Kaapse Dokter besoeke maak weskus stowwerig en vol neusstof heeltyd, altyd, eentonig met rukwinde soms wat dakplate laat krul en riel van plesier deur elke skrefie kom die fynboshare stuifmeel so fyn soos talkpoeier ruik my lyf later soos parfuum pure sondag-kerk-ou-tannie se reukware uitgeknip sporadiese […]
kreatief
uit niks is jy geskep bondeltjie vreugde vergroei tot kreatiewe manlike sellegroei genoeg is nooit genoeg vir jou meer en meer groei versien meer en meer kreatien daarmee wil jy die wêreld bedien © Tearlach. (Kreatien is ‘n organiese verbinding wat, in gewerwelde diere, die herwinning van adenosientrifosfaat fasiliteer, hoofsaaklik in spier- […]
saai en maai
die Saaier saai op voorbereide grond die saad sit uit in klam aarde en bot die botsel veg en steek sy kop uit word dikwels deur wurm ge-oes die Saaier gee dikwels reën en sonlig wortels versterk onder die grond stoot weer, en weer blare uit die boer kom verjaag wurms […]