Geluk se goue draad.
Geluk se goue draad. Desember het aangebreek! Vir my beslis die wonderlikste tyd van elke jaar. Tyd vir sonskyn, soel someraande en samesyn. Volgens die woordeboek beteken samesyn – ʼn toestand van saam met mense te wees; om in ander se geselskap verkeer. Kersfees is die tyd waar familie en vriende saam tyd spandeer om […]
TOTSIENS AAN 2022
TOTSIENS AAN 2022 En so het die jaar verwoed onder ons uitgegly. Ja, dit het vinnig gegaan en ek sukkel nog om “gebriek” te kry, veral na die laaste afdraande hier van Oktober/November af. Dit was ‘n jaar vol … hoe sal mens dit nou stel … bitter en soet; goed en sleg; vreugde en […]
Skoolverlaters: vakansie is om te geniet.
Skoolverlaters: vakansie is om te geniet. Dit is amper weer sulke tyd! Die jaar staan einde se kant toe. Na twaalf lang jare breek die eindeksamen uiteindelik aan vir die matrieks. Vir sommige is hierdie tydperk nie so ʼn groot nagmerrie soos vir ander nie, die tyd is min vir voorbereiding en die einde is […]
Is Blondie slim of net slinks?
(Woordtelling 1141) Liewe Sharlies Tron, Genade vroumens! Jy gedra jou darem nou heeltemal te blond, of baie slinks. Ek weet ons ou Afrikaanse taaltjie word al hoe minder gepraat. Dit is nie net ons gesinne wat nie meer groei nie, die sprekers verengels so saggies en sonder dat ons dit agterkom. Dit bly egter […]
Die prys van roem (660 woorde)
Droom ons almal nie maar van kleins af om eendag beroemd of ryk te wees nie? Om geken te word as iemand wat uitmuntend presteer? Heelbo aan die suksesleer te kan staan. Die beste te kan wees in wat ons doen. Te kan doen wat ons wil, wanneer ons wil, en te gaan waar ons […]
As die Jakarandas bloei.
Jakarandas wat in volle swang hul purper-pers gewaad dra, laat my spontaan glimlag. Die skildery op die doek van Oktobermaand is so ongelooflik mooi. Ek sukkel om my bewondering te verwoord. Ek stop in die laan en klim stadig uit my motor. Ek stap oor die pers tapyt van Jakaranda blommetjies wat gestrooi is oor […]
Blommelicious
Woordtelling 631 Dis maar moeilik om oor enigiets liries te raak wanneer jy weens die hoë petrol prys tuis moet bly en saans noodgedwonge by kerslig in mekaar se oë sit en staar. Dis nie eintlik om voor te gee dat jy in jou aftreejare skielik ‘n opwelling van romanse ervaar nie, maar veel eerder […]
Lentemooi (Silwer – 480 woorde)
Een van die doendinge op my wenslysie was nog altyd om eendag blomme te gaan kyk. Daardie blomme, doer ver in Namakwaland, waaroor almal so liries raak en ek nog net op foto’s kon sien. Toe realiseer hierdie wens onverwags. Aan die begin van September (hierdie jaar) kry ons, dis nou manlief en ek, die […]
Kan tyd vinniger verbygaan?
Kan tyd vinniger verbygaan? As ek so in die gesels hoor hoe mense praat oor die jaar wat so vinnig verbygevlieg het, dink ek aan Hermes, die Griekse god met vlerke aan sy voete. Dit is of die jaar ook vlerke aan sy voete gekry het. Dit is veral ook as jy met ouer geslag […]
Van hanekraai tot briekaandraai (765 woorde)
As daar nou een ding is waaroor niemand van ons beheer het nie, dan is dit tyd. Soms wens ons dit om en soms wens ons dit moet bietjie stadiger gaan of selfs stilstaan. Alles wat ons aanpak en doen word beplan rondom tyd (onbewus beheer deur tyd). Tyd vir dié, tyd vir daai … […]