Kersvader is n klug waarin net grootmense glo 337 Woorde
Daardie oggend toe ek vir die eerste keer die wattabaard behoorlik in my hande kon hou, daardie oggend was die bevreidendste oggend van my hele lewe. Ek het die baard vertrap en diep onder in die asblik gesmyt. Daar het ‘n reuse klip van my skouers afgerol. Vader Kersfees is ‘n klug. Die grootste klug […]
Integriteit, baie meer as net eerlikheid
(Woordtelling : 723) Integriteit: “Integrity is the practice of being honest and showing a consistent and uncompromising adherence to strong moral and ethical principles and values. In ethics, integrity is regarded as the honesty and truthfulness or accuracy of one’s actions.” Wikipedia Dit wil voorkom asof hierdie ʼn karaktereienskap is wat aan die uitsterf […]
Die onveranderlike sekerheid.
Deesdae hoor mens so baie van Kunsmatige Intelligensie (KI) dat jy nie anders kan as om bietjie daaroor te lees nie. Hoe vreemd die begrip vir mense mag klink, het die meeste van ons daagliks met een of ander vorm van KI te doen. Hoeveel van ons vra nie so nou en dan vir Siri […]
Die luister werd.
Ja, wat kan ek sê van Skipskop van Sonja Heroldt? Die Afrikaanssprekende ikoon se lied vat my ver terug na my tienerjare. Met haar sag strelende stem kon sy my wegvoer na ander verre lande. As jong dogter het ek gedroom van oppak en wegtrek na nuwe bestemmings. Die woorde van hierdie lied is die […]
Die Woo-Woo van musiek en klank
(Woordtelling 615) Daar is baie tye wanneer woorde net nie die regte ding sê nie, of dit kom verkeerd uit, of dit word sommer net verkeerd verstaan. Maar wanneer woorde bloot net nie genoeg is nie, kan musiek en klank ook met ons praat, dan nie? Daar is iets aan musiek wat mens se […]
Musiek magspel -As die musiek my gemoed verander. Silwer (227 woorde)
Melodie en harmonie – geskryf op ‘n musiekblad waar die note ingeryg hang teen die basis van swart balke tussen tessituur, maar sonder die kuns van ‘n instrument wat klank in ritme speel, of ‘n stem van ‘n sanger wat lirieke oor kan dra, sal melodie en harmonie nie ten volle hul doel kan bereik […]
Op die nuwe jaar.
Op die nuwe jaar. Aan die begin van nog ʼn nuwe jaar is dit asof almal smag na ʼn vars, nuwe begin. Dit laat my wonder: is daar nog werklik so iets soos nuuts? Die skrywer van Prediker verwoord sy soeke so: “Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is […]
Die betowering van eerstehands
Daar is ‘n magiese fassinering agter elke nuutbegin of nuwe ding. Hetsy dit ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe uitdaging, ‘n nuwe gebruiksartikel, ‘n nuwe uitrusting, ‘n nuwe lewe of nuutbeplande reisondervinding is. Daardie element van “NUUT” prikkel die psige en gis opgewondenheid oor die onsekerheid en uitdaging van herontdek. Dis lekkerkry-ondervindings. Nuuskierigheid wat borrelend bruis […]
Elke diertjie soek sy plesiertjie
(Woordtelling 832) Om in ʼn kompleks te woon kan die heerlikste gevoel van samesyn skep, of dit kan te vinnig in die grootste nagmerrie ontaard. Hierdie gevoel van tevredenheid hang grootliks af watter buurman sy intrek langs jou neem en of julle tweetjies se gewoontes ooreenstem. Indien dit bietjie krapperig gaan, is daar natuurlik geen […]
My moskombersie.
My moskombersie. Ek sit en verlustig my aan die vrolike gelag en geskerts van my vriende. Vir my is dit ʼn groot voorreg om in die geselskap van my hartsmense te wees, mense wat hulle nie laat onderkry deur die klein uitdagings van die lewe nie. Aan die ander kant is dit ook opvallend dat […]