Jongste aktiwiteit:

Kersvader is n klug waarin net grootmense glo 337 Woorde

Daardie oggend toe ek vir die eerste keer die wattabaard behoorlik in my hande kon hou, daardie oggend was die bevreidendste oggend van my hele lewe. Ek het die baard vertrap en diep onder in die asblik gesmyt. Daar het ‘n reuse klip van my skouers afgerol.

Vader Kersfees is ‘n klug. Die grootste klug waaraan die ganse mensdom regoor die wereld glo. Tog is selfs volwassenes geskok wanneer jy hierdie waarheid voor hulle neerlê. Jy moet koes en keer vir die klippe wat na jou kant toe gegooi word.  Jy is ‘n monster.  ‘n Breker van kinderharte.  Hoe durf jy die enigste ou bietjie pret van hulle ontneem. Soms wonder ek wie eintlik die kinders in hierdie gru verhaal is. Waar kom die ou met sy swart stewels en rooi kleed nou eintlik vandaan. Want net soos ons ons kinders leer dat daar geskenke onder die boom vir hulle wag, neergesit deur ‘n vet boepens oom in ‘n wonderslee, net so kan ons eerder ons kinders leer dat hy eintlik ‘n klug is. Die arme man vrek seker van die hitte in daardie oordadige gewaad en stewels in hierdie hittige land van ons. Kan jy jou voorstel hoe sukkel hy om parkering vir sy slee te kry? Die arme takbokke se hoewe gaan vashak aan elke sinkplaat of stukkende teel om nie eens te praat van al die onwettige elektriese bedrading wat loslappie in die lug hang nie. Kinders is nie meer kinders van ouds nie. Ons kinders is meer ingelig oor alles. Hulle weet dat daardie boepens manlike rooikappie net ‘n fabrikasie van lank lank gelede se kaggelstories is. Wat hulle wel weet is dat daar elke Kersfees geskenke op hulle wag. Dit maak nie saak of die ouman met sy baard of klaasvakie self die geskenk aflewer nie. Hulle weet dat daar ‘n Game, ‘n Makro en ander winkels is waar geld die ruilmiddel vir die jaareind belonging is. Die rye by die kersvader fotohokkie word elke jaar korter. Die klug gaan homself uitwoed.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed