Liefde bind mense saam.
Liefde bind mense saam. In ‘n wêreld waar dit soms lyk asof verskille ons van mekaar afstoot, is daar ‘n kragtige verbindingsfaktor wat ons as gemeenskap saambind: liefde. Liefde is daardie onsigbare draad wat ons harte aanmekaar vleg en ons verenig, ongeag ons agtergrond, kultuur, of die dinge waaraan ons glo. Liefde is vir my […]
Stukkende ouerskap
Stukkende ouerskap. Selfs net deur daaraan te probeer dink, bly vir my ondenkbaar! Wat dryf ‘n ouer so ver dat hy of sy eendag op die punt kom dat hul breek? Hoe vermoor jy jou eie kind? Hierdie “hoekom” maal oor en oor deur my kop as ek die nuusberigte lees van gevalle waar dit […]
Leef u kind in ‘n warm of koue huis? (Goud) 522 Woorde
Hierdie vraag het niks met fisiese hitte en koue te doen nie. Die vraag wat u eerlik aan uself moet antwoord is: Is my kind se ouerhuis vir hom ‘n plek van liefde en aanvaarding? Is dit ‘n plek waarvan hy onvoorwaardelik deel is? Is dit vir hom sý plekkie in die (warm) son?” Jeugmisdaad […]
Kinderspeletjies (Goud) 575 Woorde
Onthou u nog speletjies soos wegkruipertjie en tok-tokkie? Ek en my broers het hierdie speletjies nie net in die helder daglig gespeel nie. O nee! Die opwinding was soveel groter om in die pikdonker na die een te gaan soek wat wegkruip of om aan die buurman se deur te gaan klop en dan in […]
Geheim van die woud (brons)
Die laaste lewende mens van die Tanaru inheemse stam in Brasilië is in Augustus 2022 voor sy huis doodgevind. Beamptes van FUNAI, ‘n organisasie in Brasilië wat hul inheemse bevolking beskerm, het bekend gemaak dat hierdie stam nou amptelik uitgesterf is. Die man is in ‘n hangmat voor sy strooihut gevind, omring deur helder papegaaivere […]
Kan, wil, moet? Of nie.
(Woordtelling 796) Verby is daardie dae toe die oorvloedige hartseer van ander my tande onbeheerst aan die klap laat gaan het. Die enigste verskoning wat ek kan aanvoer is dat ek nog jonk en onnosel was en verseker nie in staat was om by ’n ander te staan terwyl die lewe hul die een […]
Winterdood en die mens.
Winterdood en die mens. Winter laat my onwillekeurig dink aan die woorde van Eugène Marais: “O, koud is die windjie en skraal. O, treurig die wysie op die ooswind se maat …” Winter word ervaar as ʼn seisoen van koue, stilte en dood in die planteryk. Die mens se lewe verloop ook in seisoene, […]
Koop nou jou kaartjies!
(Woordtelling 1077) Is daar ooit nog plek vir ’n sirkus in vandag se samelewing of is die doel daarvan dekades gelede reeds uitgedien? Immers is ons enigste vermaak nie meer die staat se Operahuis, spoggerige partytjies waarheen jy jou blinkste uitrusting kan aantrek, of ʼn eindelose geskinder oor ander se doel en late nie. […]
Skokkende nuus oor Vader Kersfees!
Skokkende nuus oor Vader Kersfees! Die hoogtepunt van enige kind se jaar is Kersfees. Kersfees en geskenke word in een asem genoem en dan kan jy nie anders as om aan die “oom in sy rooi pak en wit baard” te dink nie. So het ʼn storie in ʼn dagblad my oog gevang: “Polisie in […]
Vader Kersfees noodlottig gewond, die skuldiges op vrye voet
(Woordtelling 992) Agge nee!! Dit kan net nie waar wees nie! Is jy ernstig dat Kersvader net ʼn storie is? ʼn Klug? Dat hy dat glad nie bestaan nie? My hart pyn nou sommer van stres en skok. Hoe kan dit waar wees? En al hierdie jare het ek gedink… Ai, toggie tog. Maar […]