Jongste aktiwiteit:

ProjekteApril 2022 – En toe … projek(Bladsy 3)

Beste INKers

Die oorhoofse tema hierdie maand is: “En toe?…”
Elke afdeling het spesifieke opdragte en dit gaan streng gekrit word.

GEDIGTE:
1. Nie meer as 12 reëls nie.
2. Maak gebruik van ‘n vasgestelde rympatroon. (Dit is jou keuse hoe só ‘n patroon sal lyk)
3. Jou titel mag NIE “En toe?…” wees nie.

GORREL:
1. Nie meer as 400 woorde nie.
2. Gebruik die tema om iets oorspronliks te skryf.
3. Die titel mag nie die tema wees nie.

ARTIKEL:
1. Nie meer as 450 woorde nie.
2. Gebruik die tema om ‘n groot geskiedkundige gebeurtenis wat deur ‘n enkele daad veroorsaak is.
3. Jy mag nie die tema as ‘n titel gebruik nie.

RUBRIEK:
1. Nie meer as 450 woorde nie.
2. “En toe?…” “lag die skare!”
3. Jy mag nie die tema as ‘n titel gebruik nie.

VERHALE:
1. Nie meer as 800 woorde nie.
2. Gebruik die tema om ‘n verhaal te skryf.

Kom ons almal takel die onderwerp met nuwe ywer en debuteer met ‘n opwindende werk.

Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Dit was ‘n sonnige Saterdag. ‘n Somersdag ideaal vir saamkuier en piekniek onder koeltebome. Reëlings is getref, kosmandjies vol versnapperings gepak, en die tyd vir ontmoeting by Wonderwaters se Waterpark afgespreek. Die ideale plek vir ons vroue om ‘n blaaskans te kry, bietjie op te vang oor wat in almal se lewens aangaan, en sommer […]

Spookvoël Geskryf deur Fanus Strydom April 2022 Woordetal 1550 Malaconotus blanchoti Gryskoplaksman Soms kan mens, vroeg op ‘n koel wintersoggend in die laeveld, die hartseer roep van ‘n Spookvoël hoor. As ‘n mens mooi luister. ‘n Vêr-af weeklaag, iewers diep vanuit die digte ruigtes, en tog terselfdertyd, ook so indringend naby. Hy word selde gesien. […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed