Jongste aktiwiteit:

ProjekteNovember projek – ‘n Stem vir Gesondheid – 1 Nov tot 30 Nov 2016(Bladsy 2)

Die stem van die digter / skrywer is seker een van die oudste en magtigste sosiale wapens waarmee ons samelewing te doen het. Die digter / skrywer gebruik hul stem om verandering te bring en daarom is hierdie maand se opdrag: ‘n Stem vir Gesondheid.

November maand word gekenmerk deur ‘n veldtog genaamd ‘Movember’ waar mense die lig op kanker laat skyn.

Ons wil graag hê die digters moet ‘n gedig skryf in ‘n Engelse Sonnet-vorm waarin jy ‘n siektetoestand aanspreek wat jou na aan die hart lê. Bv. Kanker, Alzheimers ens.

Die skrywers kan iets oor ‘n siektestoestand wat jou na aan die hart lê skryf.

Engelse sonnet / ShakespearSonnet (14 reels, 4 strofes 3 x 4 en slot net 2)
Hierdie digvorm het 14 versreëls .
Die beskrywing word geplaas in reëls 1-12
Die inhoud word gewoonlik verdeel in 3 kwatryne ( 3 strofes van 4 reëls elk )
Die wending/ of verandering/ of ommekeer is in reël 13.
Die verinniging of verdieping is in die laaste koeplet ( strofe van 2 reëls ) in reëls 13 -14.
Die vaste rympatroon van die Engelse sonnet is abab cdcd efef gg.
sonnette se versreëls is dikwels korter/ meer beknop ( die klassieke sonnette het net 5 versvoete/ 10 lettergrepe elk

Dit klink effe neerslagtig, maar dit is ‘n nodige proses waaraan elke digter / skrywer behoort deel te neem.

Ons daag elkeen uit om hierdie uitdaging te aanvaar en te wys wat daar in julle stem, én pen steek.

Skryf in Afrikaans – dit maak sin!
Projekbestuurder

Alleen in die “droӫ” woestyn van wegkruip’woorde raak dit al hoe leliker en kaler van eendag lank- lank gelede was daar… Verban die herinnering van jou agterkop en getye en trane vorm in die agtergrond ‘n patroon van lydenstyd Terwyl jy deur die skynbare van niks van die gipsvlakte in die “droogte’ reis rol die […]

As die groot boom van die Libanon ‘n klaaglied huil en oornag ‘n reus se krag ongevoelig kom steel is daar nêrens ‘n plek waar my warboel emosies kan skuil wrang kronkel my gedagtes deur ‘n verwronge druiweprieel. Deur die kosbare silwerkroon, fluister skeefgetrekte woorde op die lispelgange van kromgebuigde takke vorm letters; (dom) in […]

Die stem van die digter / skrywer is seker een van die oudste en magtigste sosiale wapens waarmee ons samelewing te doen het. Die digter / skrywer gebruik hul stem om verandering te bring en daarom is hierdie maand se opdrag: ‘n Stem vir Gesondheid. November maand word gekenmerk deur ‘n veldtog genaamd ‘Movember’ waar […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed