Oorlog
Ek en jy in ’n kamer alleen is daar ’n geveg wat moet uitbreek waar woorde slaan hou vir hou afbreek niks word opgebou net rommel en moed verloor die bly oor ©Anita van der Walt
Miskien
Miskien Neem ek my geel breipenne en brei vir jou ’n liefdeskombers ’n mooi bonte vol note wat jy warm om jou kan vou miskien tap ek vir jou ’n bad vol warm water een waarin jy kan baai met borrelende borrels shampanje en kaviaar miskien net miskien sing ek vir jou ’n liedjie by […]
Vir my Sussie
PROJEK JANUARIE 2024: Jy het geveg, 3jaar, aanhoudend, swaar, sonder ophou. ’n legende van n vrou. Jyt met jou hart en geloof soveel om jou aan geraak. Terwyl jou hoop sommige dae ook kraak. Lalie, geen gekla was welkom rondom jou. Jy was die voorbeeld van positiwiteit tussen mense. Terwyl ek sien agter die deur, […]
My Blom
Jy, my Blom is n lewende getuie. Deur die muur, breek jy deur en floreer. Almal stap net verby. Niks nuut. Nog iets om te vermy. Tot jy verby stap. Jy! Jou glimlag is die bloesiels se blare, die stam se are. Die krake het gedruk, maar soos daai blom het jy as mens deur […]
Dandelion (silwer)
Langs die sinkdam by die kannas onder die palmboom het ek my bêredroom begrawe onder sand en gras saam met dit per ongeluk ‘n onkruidsaadjie ingespit en toe die westewind die windpomp so tieng-tieng-krrrr laat draai het hoop uit ‘n klein krakie in die wal daaroor geloop maar net die perdeblom het opgekom verspot in […]
Witvlagverlang
Sou jy dink ek is ‘n dromer as ek na vrede smag as ek wens dat daar meer is wat ek sou kon vermag om die wêreld beter na te laat vir wie dit nog moet vind omdat drome nooit moet dof raak in die oë van ‘n kind? Sou jy sê ek is ‘n […]
geaborteerde vlaktekind
die vlaktekind kriewel krioel vandag waar sy fetus lê in die holte van my ribbekas en skreeuend verklaar sy verlange na poeierstof soutpanne waar duiwelwinde dwarreldans ballet pirouette-passies in stofjassies hallusinasies hittegolf migrasies waterpoel stagnasies skilfervel en sinkplaatpaaie geelslangkronkel verder en verder in die niet verdwyn ʼn vergete rolbos tolbos tiekiedraai teen die driedoring vasgewaai […]
Voor jy ontwaak (Goud)
Ek wil saam met jou beleef hoe die nag haar awendskleed sag oor die hemelboog sleep voor sy ure later in ‘n stille trans met die melkweg se oorblyfsels in ‘n glimmergloed heengaan, net voor ‘n nuwe dag die nanag se stiltes donssag binneval om die voeltjies met klokslag uit hul vereslaap te haal. Ek […]
Takealot Bestelling
Beste Takealot Kan ek asseblief ‘n boks vol liefde bestel Die outydse soort wat nog goeie kwaliteit is Die soort wat soos die weduwee se kruik is Die soort wat op poskaarte pryk en mens laat smile Liewe Takealot Terwyl jy nou besig is verpak dit sommer in ‘n baal vol laglappers en giggeldories Steek […]
net see
Jy is die see wat die aarde regeer Jou wit Metusalah baard breek oor jou klipperige bors Jy’s dors want jou sout versadig nie In jou onrus straf groei geen drome sonder slaap Is dit lekker om die see te wees? Te vat wat jy wil op jou eie ritme? Om met die maan te […]