’n Swart draaikolk in November
(Woordtelling : 648) Net soos die vlieg op die vensterbank sy handjies ingenome teen mekaar sit en vryf, vryf ek ook elke jaar my handjies teen mekaar in afwagting op die lang verwagte Swart Vrydag se spesiale aanbiedinge. Die hele jaar deur word geldjies eenkant gesit net om dit aan die einde van die […]
Koop-koop se bek hang oop!
(Woordtelling : 675) President Roosevelt het in 1939 aangekondig dat Thanksgiving op die vierde Donderdag in plaas van die laaste Donderdag van November gevier sal word. Dit is ʼn Amerikaanse- en Kanadese tradisie wat vir die meeste selfs meer beteken as Kersfees. Op hierdie dag kreun die tafels met gebakte kalkoen wat met uie […]
Digters en die liefde
die digters skryf gedigte oor die wind al waai hy jou ook soms van punt tot punt die digters dig in tale oor die maan al is sy kraters ver van hul verstaan die digters maak vlamverse oor die son en dig graag oor sy gaan en oor sy kom seisoene dryf ‘n digter se […]
Oopkant vriende (Goud)
hy vat die langpad huis toe en draai op die kortpad af daar sien hy sy oopkant vriende onder die stilstaan van die son agter deure sonder slotte waar net die vrede in kan kom buite staan die trein en stoom daar’s ‘n kaartjie kondukteur hy wag vir elke passasier op die koue vaal perron […]
Hoekom skryf ek?
Hoekom skryf ek? As jy my sou vra: “Waarom skryf jy?”, dans daar baie emosies en idees deur my gedagtes. ʼn Dans waar my vingers oor my sleutelbord gly. Woorde wat uitborrel op rekenaarskerm of papier. Skryf bied vir my die geleentheid om myself te verwoord, my diep innerlike gedagtes, emosies en ervarings noop my […]
Oorryp vrug
die vrug so soet soos stroop ’n bietjie verrimpeld ook maar gekneus hang maar net aan die tak (of so voel dit) geanker aan die boom ryp in jare proe (eintlik) nog geurig op die tong geen bloeiselkleure meer nou in lig en donker skakerings dan val die oorryp vrug in U skoot ©Anita van […]
die ding van droogte (silwer)
die ding van droogte toe ons buite op die stoep gaan sit het die strepiemaan sy weg gebaan bo-oor die prosopisboom wat neffens die kombuisdeur staan ons het sommer gesels oor dit en dat en in die donker kon ek sien hoe hy sy hemp by sy hart frommelvat (omdat die seer daar lê) en […]
Vredesoase
wanneer die vrae bar oor my siel kom waai en die hoekoms ‘n woeste warrelwind kom saai hoor ek Sy stem in die stofwolk “rus in My vrede” terwyl die storm om en om kolk met die toekoms se onsekerheidswolke wat my wêreld op sy kop kom draai is die dorre woestynpad met ‘n […]
‘n limeriek (SILWER)
Die stuitige Bettie Viljoen Wil gou-gou inkopies gaan doen Dit is swart Vrydag Almal slaan ʼn slag Sy wil elke liewe man SOEN! ©MarleneErasmus 24/11/2023
‘n limeriek (SILWER)
ʼn Vrou van die dorpie Rietkuil wil weet waar die winskopies skuil Swart Vrydag is mal Sy koop dat dit knal En val kerplaks sodat sy huil ©MarleneErasmus 24/11/2023