Tyd is kosbaar (Brons)
(vir die Steyns) Hoe verganklik is die jare, Dolla so broos en so mooi geskep op maat van die dag-en-nag-eweninge het ons sag deur soveel somers gewals my aardse wandeling is nou tot ‘n end die pad het onverwags opgehou maar onthou … my liefde bly leef voort sag in die onthou van […]
My somervrugte (BRONS)
my mandjie bars bont met somervrugte sappige soetsels gebore uit lentebloeisels se pastel nóú kleurwiel baldadige bolwange in natuurspens se palet luukse pluksels wat my sintuie van sonseën en reën vertel: onder poeierwange van pruime lê blinkpoets se purper songoud nektarienvliesies spog bespat met vermiljoenblos die handvol aromaryp piesangs lê lepel in gesproete geel een […]
Swart Vrydag: ‘n Persoonlike Perspektief
Swart Vrydag: ‘n Persoonlike Perspektief Dit is daardie tyd van die jaar weer! Die dag wat menigte mense behoorlik op hol het. Swart Vrydag, soos ons dit vir almal bekendstaan. Vir baie is dit ‘n geleentheid om na harte-lus te koop, maar vir ander is daar baie meer as net afslagpryse op die spel. Soos […]
WARMSTE NOVEMBER
Dis November maand en almal tel al die dae tot kersfees. Vir van die plaasboere en hul werkers wag ‘n stresvolle besige tyd. Die hittegolf wat huidiglik die land se temperature in die rooi laat styg bring uiterste onuithoudbare warm dae en bitter min of geen reën. Die reën seisoen hier in die ooste van […]
Bosveldkind
Bosveldkind Waterberge lê dorstend en wag geen reën hier voorspel niks te verwag maar die dreunende kranse verkondig Sy mag wolke vat hande saam word hul een en kom lê oor Kiepersol en Berg- Karee en die stofreënreuk verras opnuut elke asemteug plotsende druppels word vasgevang deur grysbruin sand dan sien ek haar dansend […]
Ongehoorsame grootouers
(Woordtelling 1052) NORMAALWEG sal mens mos nie in ’n ander se huis instap en sy kaste na jou voorkeur herrangskik nie, of hoe? So, waarom dink party mense dat dit okei is om openlik in ’n ander se lewe in te meng totdat dit daardie ander persoon tot die rand van waansin dryf? Wanneer […]
Kintsugi (silwer)
Stadig … stukkie vir kosbare stukkie smelt ek die goue draad van liefde wat heelmaak in die beeldskone mosaïek van ‘n splinternuwe lewe handgemaak uit die vlymskerp skerwe van jou nalatenskap ©️Elize Kruger / 2021
Muismolles by die tandmuis se huis
Muismolles by die tandmuis se huis Dit is vroeg in die oggend. Buite is die sonnetjie stadig besig om oor die plaaswerf te loer. Die haan skud sy vere reg, haal diep asem en kraai dat die hele werf wakker skrik. Traag staan die hennetjies en die kuikentjies wat lekker warm onder mamma geslaap […]
Mý sintuiglike November (BRONS)
soggens metaal die oossee in blink dagsê ʼn kopergeel sonmantel kreukel sensueel oor die blou selfs wanneer skuimkuiwe soos meringue windklits streel die oseaan se misterie op my kim ontvou kleurspatsels vrugteslaai vrolik in die tuin oasekelkies waar bye met saffraanpofbroekies hommel doudruppels vergrootglas kroonblare in boepenspêrels skatte in oorvloed uit dié seisoen se trommel […]
GEWOEL (Brons)
Gewoel… …gevoel… Geswoeg… …nie genoeg… Is dit die emosies se gewoel? Wat brander, na brander, oor my spoel? Of ‘n eerlike gevoel? Of mis jy die doel? Geswoeg, gesweet… More is jy vergeet… Binne maak jou hart klomp draaie, hobbel hier hobbel daar, waar word stilte ervaar? Al kronkelend loop die paaie… Gejaag na wind […]