Genesis Goud
Genesis In die begin in newels van niks toegevou ‘n entiteit, geen realiteit geen bewustheid en die woord spreek lewend en krag en waarheid, met forsheid en outoriteit in skeppingsbaar ontploffende sluise van gewigloosheid bars vulkaanpyn uit spelonk se maag, vryheid ontstaan in seismiese golwe met elke skuif in die tektoniese laag skeidingsoomblik van donker […]
Skrywerskepping Goud
Skrywerskepping Vrugwatersvog vloei uit die veer genesis se ontwaking ongedeer in skreeuende stilte syfer metafore oor suiwerwit papier ‘n pynlike proses van gee en neem en gee en neem terwyl die skepper swetend en swoegtend die wonderwerk in woorde wasem uitasem, geduldig tevrede in sy hande, soos kosbare silwer, lê die skepping van sy trane […]
Alzheimer en Parkinson as vennote (Brons)
Alzheimer en Parkinson as vennote tussen spierwit lakens en sagte kussings dwaal jou menswees rusteloos agter toegetrekte gordyne drentel herinneringe doelloos oor woestynduine waar jou lewenspendulum eensaam – alleen – verstote tik-tak-tik-tak ek skryf jou laaste Ars Moriendi met my liefdevolle laaste gedig die laaste letters, woorde, sinne, paragrawe en gedigte vir altyd voltooi […]
Afrikaner se Arbeid Adel (Brons)
Afrikaner se Arbeid Adel Afrikaner, eendag eendag lank lank gelede het jy in geloof spore in die sand getrap met perd, ossewa, seer voete oor berge getrek gevlug van onderdrukking met God en gebede om in nuwe toekoms vir jou nasate uit te kap Afrikaner, jy’t gesien spiere bult en sweepslag swiepend klap gehoor […]
TYD OM TE GEE
Die tyd van die jaar skarrel almal rond vir kersinkopies en dis jaareindfunksies en die lys gaan aan. Dis asof daar meer haas en minder spoed in November is. Beplande of bespreekte vakansies lê voor die deur en so wil almal minder doen en is daar in elk geval nie genoeg tyd om alles klaar […]
GRASVELDE
Boere se gebede lê biddend oor verdorde grasvlaktes grassade wat in stilte met saadvingers waai poeier getrapte voetpaadjies versamel nie meer spore nie die afrika son het niks meer om te verskroei uit onreg en sonde nie die boer het sy vereelte padkaart hande van die lewe as hy hulle in gebed teen mekaar hou […]
BOSVELDLIEFDE
Jou oë het die vuurgloed van my skaduwee omhels die vuur tussen ons het die maan skaam laat hang bloos my skaduwee in die nanag warm tonge van vuur wat aan die hemelruim lek sterre van blydskap wat aan die uitspaansel hang die afrika son se tamboer hamer ritmies in jou asemhaling jou vingers wat […]
sigwaarde
woorde uit hartseer hart borrel uit in diep smart woorde uit mens se siel kakofoniese klanke riel die jubelende danksegging bevestig ‘n ewige belegging put waarde waaruit jy kan negeer liefs ‘n digters van ©Teárlach.
VERDWAAL (Brons)
Gedagtes vol van woorde, amper sy eie taal… Strate benaam; elkeen met sy eie verhaal. Die moontlikhede oneindig, vir elkeen moet jy betaal. Ontbloot en skaam, dra ek oor wat in my binneste maal. Gedagtes vol van woorde, waarin ek vroeg en vinnig verdwaal… Dit warboel en flapper, hoe maak ek stil die storm wat […]
DIE LAASTE WALS
DIE LAASTE WALS Geskryf deur Fanus Strydom 1236 woorde Anna Conradie sit vasgepen in ʼn hoërugstoel iewers langs ʼn tafel in ʼn groot vertrek. Sy is vaagweg bewus van sagte musiek iewers in die agtergrond en die dowwe flikkering van kerse hier en daar. Sy hoor mense om haar, maar meeste bly dofweg […]