Die siklus (Goud)
dit was in breekdag uur die oppervuur was koud die mens se slapersiel in duie en die louwater was oud die agskyn van miljoene lê smeekgereed en wag ‘n klug hang aan beloftes opgetof en leeg en vryval dan deur waarheid tot hy smagmaties ophou leef en ‘n nuwe klug ‘n doemdag met grasie binnebeur […]
farce (Goud)
all the world’s a stage and all the men and women merely players ~ William Shakespeare ~ die spelers in die wêreldverhoog se kollig vertolk die lewe elementêr en met al die (on)waarskynlike intriges van ‘n volbloed klug
paljas (Goud)
die tromme se romm’lende fanfare word verswelg deur die jillende skare en die kinders gil… waar is die nar! op sy geverfde wang blink ‘n huiw’rende traan ek kom!… roep die nar hy huil alleen ‘wyl dit in sy ore dreun: kyk hoe snaaks is die nar! die kinders en grootmense skater […]
Hoekom is ʼn funksionerende strafregstelsel belangrik?
Hoe moet ʼn land se strafregstelsel funksioneer? Wat is ʼn strafregstelsel? Strafreg verwys na die gedeelte van die publieke reg wat aandui watter oortredings strafbaar is en ook watter strawwe daarvoor toegepas moet word. Die land se strafregstelsel verwys na die stel reëls, prosedures en instansies wat gebruik word om oortreders te vervolg vir misdade […]
Meegesleur deur ‘n leuen (Goud)
Onder groen tentakels van ‘n wilgerboom het jy jou lyf styf teen my aangevly jou mond het my liefkosend verlei en smagtend meegevoer op ‘n droom my weerstand het skaamteloos geskroom soos jy my hart oor die afgrond lei terwyl jou lippe oor my naaktheid gly het begeerte my beheersing oostroom maar skokkend seer was […]
Heuningwoorde (Goud)
Liefdeswoorde het soos heuning oor jou lippe gedrup en die holtes van my hart met beloftes gevul; gewiglose beloftes wat my insig sou verblind tot ek myself meteens in die wrede doodsgreep van misleiding sou bevind. Loretta Szikra
Skokkende nuus oor Vader Kersfees!
Skokkende nuus oor Vader Kersfees! Die hoogtepunt van enige kind se jaar is Kersfees. Kersfees en geskenke word in een asem genoem en dan kan jy nie anders as om aan die “oom in sy rooi pak en wit baard” te dink nie. So het ʼn storie in ʼn dagblad my oog gevang: “Polisie in […]
Die waarheid oor Kersvader.
Die waarheid oor Kersvader. Lien sit in die tuin en bewonder die mooi blomme. Tjirpend kom sit die mooiste voëltjie op die katjiepieringboom se takke. Uit die hoek van haar oog, sien Lien hoe hy vrolik van die een tak na die ander wip. Onwillekeurig wonder Lien hoekom die hele familie nou weer na hulle […]
Wetteloosheid, ons nuwe normaal
(Woordtelling 763) Dit is geen geheim dat Suid-Afrika onder ’n donker wolk van korrupsie swoeg om kop bo water te hou nie. Verval van die infrastruktuur, hoë misdaad, werkloosheid, armoede, stygende inflasie, stygende rentekoerse en -petrolpryse, beurtkrag vir die afgelope 16 jaar, is slegs enkele voorbeelde van die uitdagings wat ons daagliks in die […]
Groot vlieënde varke met klein vlerkies
(Woordtelling: 802) Dit is maar moeilik om met iemand vriende te wees wat sukkel om by die waarheid te hou. En soms is dit so erg dat jy by die venster moet uitkyk om te sien of die son werklik skyn. Jy is letterlik die hele tyd besig om hul oggend- en aandpraatjies te […]