Ontsnaproete vir jou siel
September 2018 opdrag – Spyse vir die siel Ontsnaproete van jou hart “Marietjie, Mariet, Merraai…kom sê vir jou ou man koebaai…” Kobus se vrolike stem weergalm deur die stil huis. Hy is al weer oppad na een van sy vele visvang naweke saam met Jan van Niekerk en Petrus van Zyl. Marita staan moeisaam op. […]
Sonnet vir my siel (Silwer gradering)
my siel smag na die stil woestyn soos ‘n hert smag na die beek waar ek soos in ‘n blink fontein my dorre gees kan week waar rante swart teen blou lug welf en soutpanne in wit kristal (lank nie meer die sout gedelf) hul kunswerk in die son uitstal waar verlate, vlak valleie die […]
Stefanus Kleinsmit
Stefanus Kleinsmit gesels kerk. Ek het vandag ’n nuwe vriendskap bevestig. Sy naam is Stefanus Kleinsmit, maar die gemeente noem hom broer Steven. Hy is 89-jaar oud en hy werk nog elke dag van 09:00 tot 16:30, netjies geklee en altyd in ‘n pak klere of ten minste met ’n onderbaadjie, as dit te warm […]
Tyd vir verandering
Ons elkeen se reis en ervarings is anders hier op aarde. Wat vir die een belangrik is mag belaglik vir ‘n ander een wees. Ons siel, wie ons is, word dikwels opsy gestoot en selde aandag gegee. So baie mense ly geestelik honger. Jy kry skatryk mense wat enige aardse besitting kan aanskaf, maar hulle […]
Brood vir die siel
Die siel sweef rond opsoek na betekenis leë oë verklap die moeë siel se gemoed stadig val die korreltjies van die uurglas om bekentenis pleitend om die groot honger te laat woed bring jouself tot inkeer en herken die lewe draai soos ‘n groot wiel tyd om jou soeke na voeding te beken daar is […]
Meisie se Make-up
MEISIE SE MAKE-UP “Rene waar is jy?” Sy ma se stemtoon laat hom vervaard van die rusbank opspring. “Hier is ek ma” Hy steek in sy spore vas toe sy ma die sitkamer instrompel. “Was ma in ‘n ongeluk? Meisie klik vererg met haar tong. “Nie jy ook nie. Die hele oggend by die kliniek […]
Dalk is dit nuus
Dalk is dit nuus Êrens in die wye Kaap slaap daar vanaand ’n motortjie of dalk ’n mens of ’n dier onder ’n seil wat nie aan hom, dit of haar behoort nie. My openingsreël hou nou nie juis besondere nuuswaardigheid in nie, maar dit was tog die wekroep wat my sluimerende kwelling oor vrae […]
Moeg vir die storms
Moeg vir die storms Die Vlieënde Hollander was in ’n storm onder by Kaap die Goeie Hoop vasgevang, so vertel die verhaalskrywers, maar Kaptein Van der Decken wou niks weet van omdraai nie; hy wou deurdruk, al was dit tot in die hart van die storm. Selfs toe ’n groot golf oor die skip breek, […]
Verlatenheid
Ons ry deur die verlatenheid van die Skedelkuspark, ‘n oerlandskap wat lyk of dit nie aan hierdie wêreld behoort nie. Ons ry stadig want die pad is sleg en ek wil niks mis nie. Ek wil stadig elke faset van hierdie verlatenheid opsuig soos ‘n spons, elke nuanse van vorm en kleur ervaar wat voortdurend […]
Spys en drank
(Brons) As ‘n mens nou alles kan glo wat in die media gesê word oor kos, kan jy nou maar net een afleiding maak. Ons is almal besig om onsself elke dag meer en meer te vergiftig. En daar is so baie dinge wat ons dood kan maak, dit is slegs ‘n wonderwerk dat daar […]