spieël
die spieël is my ander ek onlosmaak van my bestaan wil ek sien wat ek sien lensoë is ‘n ontbloting van siel tot in die spilpunt van yshart word ek verlei in wat ek glo met die glasglimlag van my soos rooswalm uit mond wasem blinkbeelde hou teen my wil vas swaar staalhande styf soos […]
nuwe liefdedwelm
kaalgrys het ons geword die lag van mensskedels watwou die flikkerende klein skerm is ‘n LED-liefdeverhouding soos kokaïen wil ons nog meer facebook likes-inspuitings hê soos tik-verslaafdes het ons leeg van binne geword dit is ons nuwe liefdedwelm staar ons elke dag na die LED-skerm genoeg vir liefdemaak en werk deur die ellendige lang dae […]
Geweefde Trane
Geweefde trane Geweefde trane vul die fondament krake van ‘n siel kastaiings braai in die vuurherd van my hart sierskrif letters geskrywe met emosie ink waar denke, hart en siel mekaar moes vind grysgrou lê die asvaal wolk winterswinde waai ‘n koue dood worstelsmoor die smeul passie klaar stomwoorde toe die laaste vuurtjie bedaar grafsteen […]
ons vyand
Droogte terg in my ore ‘n naam wat ‘n gat in ons tydlyn gemaak het ‘n naam wat ons nie kan weg wens nie dis sy tyd om te verniel om te verwoes waar sy gloedlippe ons water drink en vuurvingers ons kos steel sy woestynvoete die Lewe doodtrap en sy droogtedans brand ons hoop […]
Verlange
Verlange Vanaand vat verlange my ver weg van die hede ontvoer onthou my gedagtes na die verre verlede salig sweef ek na jare terug op nostalgie se satynsag rug ek onthou van soentjies steel en van dagdrome deel ek onthou van kattekwaad en die ontdek van goed en kwaad maar voor die verlede my kan […]
Gister-gif
Gister-gif “Ek maak my los van wat agter is” is moeilik om te doen, dis gewis “ek strek my uit na wat voorlê” is tog so maklik om te sê Gister-goud word so snel oud word uitgedien, word klater-goud Mooi lyk dit vir dowwe dwase oë wie daaraan glo staan self bedroë Wat ek gister […]
sinkblou
my oë verbrand van die sout ek snak na asem ek wonder of jy nog omgee ek sink in die blou oseaan ek skree jou naam ek sukkel om jou te hoor jou rustelose stroomwoorde uitgespoel by die yslande my skreeuende mond my verkrummelde hande is verblou my warm bloed gevries met leë water jou […]
Valse beelde
eks en jy lewe in sirkels sien verdraaide refleksie van ons swakker self ek en jy lewe in refleksie sien skurwe siele van ons valse beelde ©Roeline van Schalkwyk
Marie Curie
as die jongste kind was hulle baie arm haar brein was ryk propvol ongedekte kennisse self al het hulle alles verloor het niks haar gestuit nie haar slimkop is ‘n Einstein se tweelingbrein b a a n b r e k e r in radioaktiwiteit eerste vrou in geskiedenis enigste persoon in die wêreld twee […]
tot stof
eerste mens uit stof gevorm leef en bewoon op aarde sterk hande soos yster stewige bene soos oeroue boom intelligente skepsels ek verstaan dit besit ‘n brein vol mag tower van niks tot iets ons is so slim dat ek sien sampioengifwolke ek sien honger traankrete ek sien mense opgeslurp in geld bou blink wolkekrabbers […]