Engel Gabriël
Soms, in die nag, verbeel ek myself – as gister se spoke my hard-op uitjou – God stuur Sý engel Gabriël om oor my wag te kom hou. Nie by die venster, nie by die deur maar regop langs my op die matras sodat die spoke nie ook in die vertrek kan inpas. Met sy […]
WOORDE KRY VLERKE
my mond is toe, my ore oop ek is die vlieg teen jou muur neem waar, neem op, verwerk jy huil, spoeg en praat soos die vlieg in jou sop onderbreek ek jou selfbejammering dring ek my in jou kop in gee ek raad, troos ek, vra ek of ek jou storie kan gebruik gee […]
Afgetree
“Ek vryf net oor my neus en dan dink hy daar is iets in sy neus. Dan hardloop hy badkamer toe soos ‘n aflosatleet om in die spieël te gaan kyk”. Herman lag so hard dat hy amper van sy stoel af val. “Dis gemeen!” sê Marie ontsteld. “Wel, dit werk baie goed as jy […]
Dagreis van die son
Swaar lig die son sy kop… en strek sy arms behaaglik uit oor die vallei, klim dan soos ‘n ou man uit sy bed en groet die dag met die lig van sy pet. Stadig begin hy met sy dag se ritueel, streel oor sy ou baard van bossie en klitsgras en gaap oop mond […]
Kompetisie nuus!!!!! GROOT pryse op die spel SLUIT 30 April 2017
Ons het die wonderlike nuus met GROOT dankbaarheid gekry dat INK in samewerking met SA Vryskutskrywer ‘n splinternuwe kompetisie oor die volgende 2 maande van stapel gaan stuur. Daar is wonderlike pryse op die spel so kom lees saam en word deel asb. Kompetisiereëls 1. Enige ongepubliseerde skrywer wat Afrikaans magtig is mag aan die […]
Jy prikkel my sintuie
ek proe jou naam in die wasem van purperwinde wat soos engelvlerke oor duinesand vloed in die soet reuk van wilde jasmyn en blou vergeet-my-nietjies maak ek gerwe doudrup-onthou met kringe van ‘n fluweel son vas ‘n kyk gevul met heide-drome wat laatmiddag deur oker-wolke huppel om so die horisonbeker in my irisse oorvol te […]
Ek wil deur jou storm breek
ek wil my woorde soos ‘n vlamrooi klimop teen jou latwerk laat rank jou siel met Picasso-woorde op die sagte moeseliendoeke van jou oog se kyk verf deur die vloed van jou drif wil ek oor branders loop en D A N deur jou storm breek waar ek in jou wese (asemloos en stil) anker […]
Jy ‘s my Papawer-son
waar my beeld ‘n tango dans in die loom dagbreek van jou oë wil ek wit aronskelke kweek sodat ek die eggo van jou stem tussen die ragfyn blare in wit kan raam, sodat jou asem my telkens weer soos ‘n somersbries kan omhels as my naam deur die branders van jou warm lippe breek […]
My Waansin en Wederkoms
Deur absolute waansin sien ek my toekoms, Die wederkoms, Die brekende golwe van gevolge Na die storm van stilte in my hart, Die kern ontspring in jou smart. Winde van verlange span die seile, Ervare na al die jaar se beproefde myle, Omgetuimel en vasgekeer in die oog van die storm, Rotse uit die waansin […]
Verstaan-verstaan
Liewe blou maan wat silwer en grys skyn in die aand sal jy verstaan? Waar die sagte geruis van sandstorms waai oor die goue woestyn sal jy my wys? Brand die blink bronsson uit die blou jy is die een wat ek sal hou of sal jy my net laat gaan?