Met ‘n drukkie
Die stem van ‘n moeder die warmte van haar hart aan kinderdae, salig en komerloos en dis te danke aan ma Ek dink aan tye van lekker lag van kuier aan die kombuistafel tot laat in die nag aan ouerarms wat my sag omvou Ek dink aan tye van hartseer deel saamstaan in donker dae […]
INKSPRAAK gedenkbundel is hier!!!
Ek het vandag die digbundels van die drukkers ontvang en is vreeslik opgewonde daaroor! Vandag is ek sommer ERG trots op ons INK lede!!! Die bundels is pragtig en dit is so spesiaal. Ek pos more oggend al die lede wie reeds bestel en betaal het se bundels so julle kan teen die einde van […]
‘n loflied vir Mamma
Dierbare Mamma, so kosbaar vir God. Daar is Soveel gedagtes wat deur my vloei, soveel herinnerings wat my ontmoet. Swaarkrydae van gister, teëspoed wat ons lewenspad begroet het, Tog, weggespoel in jou liefde, toegemaak in die omgeehart van ‘n ma. Mamma daar is soveel dankies diep binne my. ‘n Lied in my hart wat meer […]
‘n Gelukkige hart vir moedersdag
Al is die winter vinnig oppad is daar vir altyd somers in jou hart waar die lewe kan psalms sing Ek stuur vir jou die mooiste lof’liedere wat in die donker blink jou elke dag sal seӫn al skyn die son nie na die reӫn Pluk vir jou ‘n sonneblom wat ek in ‘n plekkie […]
WENNERS: – April (ope projek)
ALGEMENE NOTA: Ek dink baie van die digters en skrywers verstaan of nie die elemente soos in die opdrag versoek nie of verwar die wyse waarop dit gebruik moet word. Ten minste 80 % van die verse en verhale ontbreek aan ten minste een van die elemente. Ek wonder of dit te moeilik was of […]
Ses-en-veertig somers
Ses-en-veertig somers lank kon ek mamma se sonskyn smaak Deur ses-en-veertig winters my met warm liefde aangeraak Lente deuntjies vrolik het jy my hart laat sing Was die herfs ook al hóé olik het jy die mooi daaruit gebring. Die drie geslagte na jou het jy soos goud bewaar al was ek lankal self n […]
Mei 2017 projek – Moedersdag Psalm/Vonkfiksie
Moedersdag opdragte is reeds holrug gery, maar as projekbestuurder het ek dit goed gedink om weer hierdie onderwerp te kies en dan wel op so ‘n manier dat dit vars en uitdagend kan wees. Die opdrag is: Verhaal- en rubriekskrywers: Skryf ‘n vonkfiksie (niks meer as 170 woorde) oor ‘n lewensles wat ‘n moeder vir […]
‘n Wit stoel met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van England)
Beste Shirley Ek sit vandag hier op ‘n wit stoel by ‘n tafel met goue eetgerei. Dis ‘n warm sonskynmiddag aan die einde van April. Glo dit as jy wil, maar ek sit nou langs die see op ‘n plek waar net die rykstes van die rykes woon – met blykbaar net sjampanje en vonkelwater […]
Beton oerwoud
Vroeg kronkel die luislang berg op tot by die rooi lig, tyd sy prooi om te vang soms in besoedelde sig. So blind vir natuur se spog – en sy kog’lende roep, verstrik op ons bioniese tog… wonder ek nou nog wat ons soek. Alles ‘n gejaag na wind in hierdie leë grou beton sonder […]
Meimaand se mantra
Iewers op die oewers van my lewe het Meimaand jou kom kry. Jy wou weet of my son jou ook sal vergeet, of sy strale jou voetspore sou afmeet in die lig van my volmaan waar drome ruimteloos deur die lug sou sweef. Jy wou weet of jou stem sou dwaal deur die gedagtegange van […]