Mamma se kaggelvuur
mamma wie sit daar op jou skoot my handjies is blou en dit kraak buite huil die windjie se hart hy weet ook jy is lankal dood die takke wat krap op die dak klink kwaad vir stoute winter die blommetjies het net gevrek en miere maak nes op die rak maar binne dans die […]
~ Kaneel en warm sjokolade ~
ek is weer terug op koffie en die kaffervink in my hart raas nie meer so erg nie want die nes is knus en vere pof vir selfbehoud karmosyn drup langteelbeen teen nag-kristal en die maan sit met haar arms oor haar hoof gevou (ook maar net vrou) die wyn in my bloed syfer sy […]
Winter wasem
vensterbank gevlok vol sneeu op ‘n bitter koue, donker nag die maan is wreed en die wind kerf met tweelem brute krag wildeganse vlieg gou suid ontsnap uit winterkloue uit boomtakke silhoeët teen horison as hul kreunend krimp en kraak met die hemel grysgrou geskets sterre gevries aan wolkewand hoendervleis en klappertand in sout pupil […]
Projek – Winter-nostalgie (1 Junie 2016 tot 30 Junie 2016)
Winter is voor die deur, en soos gebruiklik is dit sop en snysels, warm komberse en ‘n kaggelvuur, vir sommige heerlike likeur of ‘n stomende koppie koffie. Die herinneringe aan kindertyd tydens winter is altyd ‘n nostalgiese affêre, en tog vergelyk so baie digters die afvalligheid van liefde met winter. Dit is ‘n seisoen sonder […]
Digter – leen my jou pen vanaand
Ag digter… gee my tog jou hart en jou pen vanaand… want myne is leeg en o’ so droog, sonder lied – sonder woord, leen my jou kennis van skryf sonder tierlantyn, net die mooi wat die hart kan roer soos dit hoort. Laat ek tog hierdie bitter en seer brand hier onder die lamp […]
Insomnia
Ek verdwaal in wakker en soek slaap te vergeefs. Uil se knip ontwyk my, ek hoor hoe-hoe hy luister na my kop wat raas en met dag breek net fluister
Fyn lyn
In Ebbe swart wieg die silhouette teen die witlig geëts op die maat van ’n stormwind wat siele laat bedaar. Wyl harte aan die oorlog veg om vrede, klou dwase hande van nou vas aan die verlede. Die silhouete dans van winter na somer en verander die nugter in ’n dromer. En dans ek lomp […]
Saphira die Spoorsnyer
Saphira hardloop saggies, maar vinnig, deur die fynbos hoog bo die see. Sy is oppad strand toe. Daar is nie baie plekke waar sand en see ontmoet nie. Meesal is dit maar kranse waarvan selfs ‘n Feëtjie Hond soos sy seer sal val see toe. Saphira stop skielik. Sy haal vlak asem. Sy is seker […]
Waar is hulle… Kan jy die voëls hoor?
Die afgelope tyd het hierdie gedig en die pad soontoe weer woelig kom kuier… Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand Hennie Fritz [2014-02-19] Kom ons kyk vir die voëls, in die lang doringtakke, die digte plante, bosse, kossoekend op die grond. Dis vroegaandtyd en moeder aarde is koel, die lug is soos ‘n rivier […]
Ma se lag en pyn
My ma se lag is die sonsopkoms wat die donkerte In my verdryf. Haar gebede dra my soos ’n suigeling aan haar lyf, haar trane reinig my, haar liedere genees my verwonde gees. Wanneer sy eendag Oud en afgeleef verhuis, Sal sy met blydskap Op my koms daar wag. © Wilhelmina Potgieter