VERHEMELDE KANSE (goud)
“Shed the weight, taste the moment.” – anonymous Op daardie oomblik was ek nie seker of dit ‘n grap was nie,maar ek moes kliphard lag toe hy kaalgat in die plaasdam spring.“Die water is heerlik en die hemel is blou. Is jy ook lus vir swem?”Hoe kon ek myself van so ‘n oomblik weerhou? Toe […]
Spoelsand (Goud)
soos golwe wat voor die kuslyn dein en bruisend oor die skulpiesand breek spoel liefde ook oor die hart; nie soos borrelbranders oor ‘n strand se speelkant nie maar, soos spoelsand wat vergiet en na ‘n duisend jare heen digteen die siel se broosblou binnewand tot kwartsiet v-e-r-s-t-e-e-n Neologisme: borrelbranders = bruisende branders broosblou = […]
Ongetiteld: Senyu digvorm (Goud)
gesout teen berou was ons ons hande fluksvas in koperkomme Neologisme: fluksvas = fluks+getrou/pligsgetrou ©Loretta Szikra
Tydelike Reën
Ek hardloop deurdie reën druppels tref my voorkop en stort by my rugraad na benede, ek kyk af Ek wandel in die reën wat oor die landskap sak en my lyf is deurnat ek kyk op tyd in die reën bepaal nie die frons of ń glimlag, dit is die op of af nie die […]
strome
wel ter tale kabbelend deur woudsale welbekend in bergkatedrale aarselend oor klippies heen koel strelend oor voet en been geen doel om te vervreem tog wil sy iets openbaar as jy spieëlglad in haar staar sodat jy in jouself kan bedaar eers dan herken jy die stem wat almal maar sukkel om te tem dit […]
Misreën-genade #brons
Misreën-genade Ek vra nou maar net, meneer, die meester van wat reg en verkeerd is. Hoeveel water moet onder die brug vloei voor die sertifikaat van vergewe en vergeet toegeken sal word? As die sluise van die hemel oopgaan sal dit dan nie alle haat en nyd weg was? Maar nee, die mens klou soos […]
Afrik Bloekoms
wit en bruin gevlek langs swart paaie breë witwortelbondels anker in droë bruin grond nou tesame in dieper Afrika water vasgeval
Watermoles
Watermoles Woorde 1195 Volksrust se manne is sterk oppad viswaters toe. Na ‘n harde week se werk by die Everite fabriek naby Vereeniging, verdien die manne so ‘n blaaskansie! Nie dat dit elke week gebeur nie. Nee, hierdie naweek is spésial. Douglas en sy twee vriende is almal oud leerlinge van Volksrust Hoërskool. Na […]
Somerstorms
as die winde woedend fluister en om die hoeke huil waar die dwarswinde sit en pruil tot my horison verduister in die stortvloed van wanhoop vasgekluister dobberend teen die kuslyn verskuil tot waar hoop my vrees verruil en my met vrede kom verbyster as somerstorms om my woed en ek begin in die […]
Vloedsvaart Afdeling silwer
Vloedsvaart … Vaalvloedswater storm booskolkend in volvaart soos wolkswatte spoel sy spatskommel van gemmerbruin blinksdonkerte trommend en ketting keringloos in nydige natheid moerig stroomaf stroomsendeling sonder ‘n stapskaart met die evangelie van drenksdood wat gena’loos bo-oor alles wat ontydig in eenvoud wou lewe ‘n eintydspreek afsteek en selfvervullend in profesie in sy jaloersheid se selfsugpad […]