Watermerk (goud)
Hoog bo seevlak waar windstrepe dwaal,saam met die lied van Moeder Aarde se verhaalval ‘n stroom dreunend uit klip se mondspoel van rots tot rots, bruis dit tot teen die grond. Ek sit op die rivierbank met my tone in die nat sand,kyk hoe riete buig in haar silwer hand. Jy het vir my vertel […]
Ben en Generaal Brul.
Klein Ben was ses jaar oud en vol lewe. Hy was ’n baie brawe seuntjie – behalwe as dit by die plaasdam kom. Die dam was groot, omring deur hoë riete wat in die wind gesuis het. Vir meeste kinders was dit die ideale plek om in die somer se hitte af te koel, met […]
Privaatskool of Staatskool?
Privaatskool of Staatskool? Daar woed al vir jare ’n debat oor waar ’n kind die beste onderrig kan ontvang? Privaatskole word dikwels beskou as die beste plek van opvoeding – kleiner klasse, beter geriewe, en ’n bietjie ekstra “glans” wat ouers laat glo hul kinders kry ’n voorsprong in die lewe. Maar hoe realisties is […]
Februarie 2025 – WATER projek
Beste INKers Hierdie maand ondersoek ons die tema: “Water” Ek is seker almal is reeds vertroud met die nuwe struktuur van die maandelikse projekte. Die enigste twee groot veranderinge is dat Menings, Artikels en Rubrieke nou onder een sambreel sal resorteer. Hierdie kategorie staan as “Prosa” bekend, maar jy mag steeds ingeskryf onder welke genre […]
‘n Haikoe (Silwer)
Wind waai rok omhoog, ek poseer soos Marilyn maar toe kyk hul weg! ©MarleneErasmus 20/01/2025
Na die lig. (Silwer)
Hier, in die skadu van my eie stil gedagtegang, staan ek onseker, soms vasgevang in die wêreld van wat ek is en wat ek wel wil wees. Selftwyfel fluister vreesgedagtes in die donker, die stem wat skree dat ek nie genoeg is nie, dat ek nooit in die lig sal staan nie! Maar, In hierdie […]
verlore dinge (silwer)
ongesiens tuimel die slagoffer af teen die afgrond agter die kas miskien een hop of twee dan kom hy tot rus in ʼn hoekie onbevlek deur lig maar begrawe onder sedimente sluimerende stof hier, in die domein van spinnekop en mier, by donshasies en vermisde hoofpynpille langs die lus van die ou laaikabel styf teen […]
om middernag (silwer)
o, die gruwels, die afgryse en wroeging wat opskiet uit die ryk leem van ʼn enkel ikoon op ʼn selfoonskerm die sirkel, diagonal geskrap basuin woordloos uit dat alles, alles hier eindig: geen wordle, om aan my woordeskat te werk gholf-speletjies wat koördinasie opskerp of die hoëvlak-analitiese denke om tetris-blokkies reg te draai nie die […]
Krummels van hoop.
Die brood op die kombuistafel is nie meer vars nie. Eintlik is dit so uitgedroog dat dit verkrummel as Ma dit probeer sny. Ons gooi nie meer ou brood weg soos voorheen nie. Die mes maak krummels terwyl Ma dit probeer sny. Somber stilte hang in die lug. Nina klem haar hande in haar skoot, […]
Visioenêre held
‘n Pionier met vas geankerde wysheid, stap hy ‘n toekoms pad vol begrip saam ‘n ongeskrewe manuskrip en veg vir geregtigheid en vryheid. Die verskroeide aarde ‘n duiwelse aanslag, konsentrasiekampe en die kinders se dood vertoon ‘n volk se lyding van nood en die verowering van ‘n vierkleur vlag. Vir die Britse Ryk […]