Stormwolf
vandag was daar ‘n wolfgesig in die lug het hy gehang sy diep gegrom maak my en elke omstandkyker bang sy tande was ontbloot en in dié dreigende statuur het hy met onbewoorde tirade die onweer begelei gitsglimmerend en etsend spoeg hy vonk en vuur soos ‘n ingeperkte mondskilder teen die swartblou van die wolke […]
Liefde sal my besiel (Goud)
Sal ek pond en pennie lag-lag betaal sodat my woorde my nimmernooit faal voor ék my lier aan ‘n treurwilger hang wanneer my ink in die niet wil versink? Sodat my woorde my nimmernooit faal sal liefde my verstand steeds besiel wanneer my ink in die niet wil versink as my gedagtes teësinnig verkalk. Sal […]
Stille waters, giftige grond
uit wolke van genade verleen reën maagdelike water getrou in kristalhelder stroompies heen om alles wat ís met lewe te seën ‘n laafnis vir wie die lig aanskou uit wolke van genade verleen wat ons voortbestaan ondersteun en die wêreld se dors onderhou in kristalhelder stroompies heen wat oor Godsakker eb en dreun na wendamme […]
Skakerings van blou – SILWER
indigo kleur jou horison bitter waar sonstrale soos blinkers op jou blink blou branders skitter en weergalm jou dreunende donderstem nes klinkers turkoois breek jou golwe skuimwit en spoeg jou bolle oor die goue sand jou seepoësie kom neem my in besit vir ewig het ek my hart verpand as jou donker deinings […]
HERHAALDAE (goud)
Ek het gister gesien,soos ‘n bleek hand wat leemtes vul –gebare sonder gewig,‘n dowwe truspieël van voortyewat hulself oor en oor herhaal. Vandag, vlietend,het ek vroeg my hande na bo gesteek,skadu’s vol beloftes probeer pluk –net om te kyk hoe ditin die skerp sonlig verdwyn. Môre hang reeds doer oor die rante,‘n sirkelgang wat kom […]
TUSSEN KLANKE EN SKADUWEES (goud)
Wat as jy een oggend wakker worden die wêreld voel soos ‘n jas wat knelwaar jou huis se mure jou stiltes steeljou dagboek soos kettings om jou klapen die stad brul soos ‘n ongenooide gas Wat as alles raas—te veel stemme, te veel vrae, te veel seer en jou hart net verlangna ’n plek waar […]
Uit die kombuis (Goud)
Soos doekpoeding, gestoom in Keulse linnedoek met pypkaneel en neutmuskaat uit ver Malei gespesery, sultanas en korente uit die stormkaapvallei, vir skóp ‘n leksel brandewyn uit Cognac se kontrei, deur tien dekades saamgedra met hier en daar iets aangepas, glanskersies vir ‘n bietjie kleur nog gemmer vir die ékstra geur en net vir pret sommer […]
Die Ewige Silo (Brons)
in die yskoue Vrystaat sny die lem om die dorre aarde met sooie te tem ontbloot staan die lewegewende aarde bring nuwe saad na die land sy kosbare waarde met die volrond saad van lewensvog vol gedrink ontplof die buitenste huid in ‘n oogwink word hidrolitiese ensieme mildelik geaktiveer sodat die saaier elke wortelvingers […]
Onrus op Nooitverdiend Goud
Die reuk van ou urine laat Miné na haar asem snak. Haar kop klop onophoudelik. Sy lig haar hande. Die riempies vreet aan haar polse. Sy voel hoe haar hartklop versnel. Albei haar hande is aan ʼn staalraamwerk vasgebind. ʼn Vae ligkolletjie skeur deur die dak bokant haar. Sy lig haar kop. Waar is sy? […]
Wees bedag op brandgevaar
Wees bedag op brandgevaar “En blink in die dof-lig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade. En hoog in die rande, versprei in die brande, is die grassaad aan roere soos winkende hande.” Hierdie woordbeeld uit die ikoniese gedig “Winternag” van Eugene Marais, ontroer my steeds. […]