Jongste aktiwiteit:

kennis

my duin laat nie veel plek
plek vir twee keer dink nie
wanneer die storms woed
is hy heel onder die golwe

vanoggend was dit deurnat
daar was geen sitplek oor
gister was dit my sitplekkie
onder guitige wind en wolke

tussen twee woeste storms
is setperk leeg en verwaaid
plantstukke gestrooi oor sand
golwe bedrieglik kalm en ver

sodra wind weer wild waai
verdwyn golwe skuimend
verdwyn meeue uit die lug
kraak reën snerpend koud

ken jy die wind wat waai
dit bring sneeu vir berge
dit waai hoog en gulsig
dra yskoue hoë wolke

so verander dag by nag
verander voorspoed ook
na teëspoed en donkerte
kyk na hoë wolke en ken

na elke storm op die see
maak natuur homself reg
buig jou rug in die wind
staan vas in jou wortels

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed