Jongste aktiwiteit:

KLEIN KOOS VAN ANTIE TOET

KLEIN KOOS VAN ANTIE TOET

Enige muntstuk het 2kante; maar soms is mens geneig om jou kant so te spit en polish dat jy nie ‘n saak het met die vuil (van verwaarlosing) verslete anderkant nie; seker ook jou volste reg en voorreg….Moes soveel keer gedurende daai gek Satynlaken-dae die een of ander grênd geleentheid bywoon saam met ‘n stinkryk kliënt; sal een spesifieke aand nooit vergeet nie – was die een of ander hogere gedoente: Jy het met sulke marmer trappe opgeloop na die kasteel van ‘n huis; met die klanke van die Slawekoor uit Verdi se Nabuccu wat jou al van die eerste tree af al begroet – tot daar in die indrukwekkende foyer. Groter as die van die ou Nico Malan; Meraai van Matewis en Meraai sou dit seker ‘n lôbbie genoem het? En binne was mense uitgedos in die nuutste en duurste (en dikwels vreemdste) uitrustings. Party van hulle het vir my name gehad; ander bloot net status!!
In alle gevallente; nê, daar was die tannie – MevrouAdvokaat as ek dit nou nie mis het nie (hoe ookal, een van die anties met haar man se geleerdheid as aanhangsel) wat om die een of ander bedenklike rede besluit het ek moet van die een of ander koerant wees en sy wil seker maak van ‘n foto of 3,4 in die sosiale blad.
Sy’t haar ewe sjiek daar langs my kom inplant; glas (suiwer kristal) sjampanje in die hand en oorgehaal om al haar expert sosiale opinies met my te deel. Sy’t begin by die nuutste modegiere van Parys – waarvan ek nie n koekie of ‘n biscuit se clue gehad het en steeds ook nie het of wil hê nie. Ek’s seker maar ‘n ploert; maar ek hou van kaalvoet loop en my vrouweesgemaak sal seker nooit as te nimmer in sync wees met ‘n dame wees nie. Seker maar omdat dit en my wise-ass hart per ongeluk aspris andersters is…. Hoe ookal – die antie was al midde in die letterkunde en ek moes luister na ‘n laaaaang Shakespear-aanhaling uit Macbeth; toe ek besef – kyk; dis nou of nooit. Ek sal iewerster en blêrrie gou ook n gaping moet slaan. Omdat en oordat, na hierdie sirkus lê daar vir my ure van onverdunde hel voor tussen daai spierwit Satynlakens en ek’t nie krag vir hierdie nonsens nie!! En….Toe sy die opera verhoog betree met haar expert kennis; toe val die bal as te ware reg op die doellyn binne-in my hande!!? Vra die Mevrou vir my of ek ‘Cosi Fan Tutte’ ken?! Enne ek gee so ‘n klein skreeutjie en effense bokspringetjie van blygeit. Ja, ek weet – helemal onvanpas vir die geleentheid, status en my swart nommertjie; maar die doel heilig honor bright die middel in die geval… Kan jy nou meer, sê ek vir Mevrou – om te dink sy ken ook vir KleinKoos van AntieToet. Mensig, maar die wêreld is klein; nê ….Ek’s glad nie ‘n skrywer nie, maar ek dink ook nie ‘n rêrige skrywer sou instaat gewees het om onse liewe Mevrou se reaksie in ink te kon vasvang nie!! Van wasbleek tot bloedrooi – en als tussen-in – en met n half oop mond; wat ‘n paar sekondes later eers weer toegegaan het; het sy effens bedremmeld gesê dat ek seker verkeerd verstaan het! Want sy praat van Mozart se bekende opera: Cosi Van Tutte!!…En so aspris soos die Kaapse Suidoos hou ek voet by stuk en warrelwind al haar sosiale indrukke deurmekaar! Genade, KleinKoos moet nou al oud en getroud wees met ‘n spruit of ses! En weet sy hoe gaan dit met Antie Toet – ek’t bitterblou jare laas van haar gehoor, en het sy toe Kaaptoe getrek soos die plan was??!… As dit moontlik was, nog bleker en windverwaaid van haar sosiale verhogie af. Sy’t effens terugestaan – seker bang ek steek haar aan met my ploertgeit en malgeit? en baie sag verskoning gevra om net gou haar neus te gaan poeier.
Minute later was sy terug; met ‘n heerlike, veilige afstand tussen ons. Maar sy’t kort-kort ongemerk na my kant toe geloer; net so half of sy wou seker maak watter een van ons2 die cuccoo in die nes was!….
Ek weet, goed ek was aspris; maar die snaakste van als was – ek’t rêrig ‘n KleinKoos en ‘n antie Toet (eintlik tannie Susan, maar haar bynaam was antie Toet) geken. Kiekies in my hart uit my kinderdae en ek gaan jou nie daarmee verveel nie. Dis net… Die onthou het net weer ‘n munstuk voor my opgeskiet en dit het k(K)ruis voor my geval. Jy weet, ‘n mens spit en polish so graag jou stukkie waarheid; jou persepsie van hoe dinge is of moet wees vanuit die skoon venster van jou eie persoonlike hoë grond; jou moraliteit. Jy’s gelukkig met jou blinkskoon kant van die munt; jy wil en gaan nie jou hande vuilmaak om daai munt n bietjie op te lig en te kyk wat werklik daar aangaan nie. Maar daai 14jarige meisie wat daar op die straathoek staan; sy staan nie net daar omdat sy ‘n onversadigebare lus vir seks het nie – het jy al ooit gewonder waarom; sonder om jou neus n aks hoër te lig en ‘n snedige aanmerking te maak? Maak dit saak dat daar deesdae soveel (moderne)kruisigings is; tieners wat aan n spuitnaald hang? Maar dis seker nie jou probleem nie – ek meen nou maar net; jy gee klokslag jou tiende en gaan net so klokslag elke Sondag kerktoe. Wie kan verwag dat jy werklik moet omgee (of daaroor praat) oor die munstuk se k(K)ruiskant. Jip; jy hoef glad nie daai blink en skoon kant om te draai nie; jy hoef ook nie ‘n gebed of enige iets te spaar vir die dregs of humanity op die vuil, ou Ghwarriegat nie. Kruis of munt ….Maar onthou net; blief, wat vir jou Cosi Fan Tutte is is per dalks vir my KleinKoos van Antie Toet!!!

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie, en mag die engele vandag jou wees verlok tot ‘n Slowdance met Hom.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed