Jongste aktiwiteit:

klyte of kluite


hier op my duin is daar mos geen modder nie
modder soos rooi glibberige, klouende modder
bakermat se berge gly jy een stryk deur die reënseisoen
sommer van die geskraapte pad af tot in die afvoersloot
vier by vier of te nie – as daai klei jou gryp hou hy jou
jou wiel skiet klyte wat soos groot rooi bruin kluite
deur die lug trek en die kante van jou bakkie
met mening oorverf in modder-rooi
daardie klyte sit ook in jou vel
en hare soos hare-myte
en jou bad kleur rooi
tot die winter kom
maar ek verlang
na daardie dae
se vroetel
in die
klyte

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed