Jongste aktiwiteit:

uurglas


soos die see my duin vorm
met elke wending van die gety
hoog en laag teen die strand eindig
gereeld met die natuur se metronoom
so loop die sand in my lewe se uurglas
sistematies teen vooraf gereelde spoed
met die magiese trekkrag van die aarde
heeltyd laer in die uurglas se bovertrek
en hoër in die uurglas se ronde buik
onopsigtelik neem my hart afskeid
van alles wat belangrik was
in die wêreld om my
verwelkom dit
wat kom

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed