korona, die pot en die ketel (SILWER)
korona, die pot en die ketel
daar is ʼn mos nou ʼn nuwe normaal
waar ons warm gemaskerd asemhaal
wrede virus die ekonomie se swart haan
kom vee menigte besighede van die baan
die pot word deur ketel verwyt
as hy smalend hoor hy het geen tuit
skertsend kom die antwoord gou
ja – maar jy het geen pote my ou
dat die virus ʼn ernstige pandemie is
is ʼn feit soos ʼn koei en dit is gewis
maar om op hol te gaan, gaan nie baat
goeie higiëne sal jou nie nou skaad
as jy net iemand hoor wat proes
wil jy gril as hul naby jou hoes
maar dit help jou nie om te sit in sak en as
en verlangend te dink aan ʼn wêreld wat was …
©Marlene Erasmus
10/05/2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek