Jongste aktiwiteit:

LEES dringend asb – 4de skryf kompetisie het gesluit – maak so met jou inskrywing!

Vriende ons is al amper by einde Maart 2018 en die sluitingsdatum is binne ‘n paar dae hier. Ek wil al die lede wat deel is van die 4de skryf kompetisie net herinner aan die feit dat ek van 1 – 20 April 2018 die inskrywings moet ontvang. Onthou asb ek al die inskrywing net so na die borge stuur om die wenners te kies. Maak dus 100% seker dat julle inskrywings taalversorg en druk gereed is as julle dit vir my stuur. Die wenners sal op 10 November 2018 tydens die INK gala aand aangekondig word en dan ook hulle pryse in ontvangs neem.

Jou inskrywing moet aangestuur word na skryfafrikaans@ink.org.za sodat die Ink moderators die keuse van die 5 beste en tegnies goedversorgde inskrywings kan doen om vir die borge te kan voorlê sodat hulle die finale wenners kan kies. Die wenners sal dan op die Gala-aand van 10 November 2018 bekend gemaak word en gaan hulle dan ook persoonlik hulle pryse in ontvangs moet neem.

Let wel: Beoordeling word op die reeds geplaasde inskrywings op INK en die volledige boek/bundel in totaliteit gedoen. Lede wat ingeskryf het moet asb daarop let dat die wenners soos deur die borge gekies, sal staan en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Let ook asb daarop dat jou bundel/boek reeds taalversorg en geproeflees moet wees aangesien INK en die borge nie verantwoordelikheid aanvaar vir spel- en taalfoute nie

VEREISTES: – Deur hierdie vereistes te ignoreer gaan jy jouself en jou inskrywing benadeel. Dit is dus baie belangrik om na te kom!!!

1.Jy moet jou werk as ‘n word.doc deurstuur in A5-Calibri skrif 12 Bladuitleg lynbreuke op “0” gestel”. (Gaan asb deur vir spelfoute!!) (Page layout – spacing set on 0) Nommer jou bladsye. Plaas asb bv. 1 gedig per bladsy sodat jou werk netjies vertoon en maklik is om te lees en te beoordeel. Kontak my dadelik as jy ‘n vooraf opgestelde proforma benodig om jou inskrywing voor te berei.

2.Plaas al jou werk wat reeds op INK verskyn het en dan eers kan jy byvoeg dit wat nog kort om jou publikasie vol te maak. Beoordeling sal daarvolgens gekontroleer word.

3.Beeldmateriaal wat jy by jou werk wil gebruik moet tot die minimum beperk word aangesien dit die koste van die drukwerk beinvloed. Jy moet ook oor die kopiereg van die betrokke beeldmateriaal beskik alvorens dit gebruik kan word.

4.Jou moontlike publikasie moet die voorgeskrewe 120 bladsye wees.(100 bladsye publikasie die res sal bestaan uit die inhoudsopgawe, biografie, Inleiding, ISBN nr ens. Hierdie inligting sal deur die publiseerders bygevoeg en vir die wenner gratis gedoen word)LET ASB DAAROP DAT ONS NIE ONS KWOTA VAN BESKIKBARE BLADSYE OORSKRY NIE, DAAR KAN ONGELUKKIG GEEN UITSONDERINGS GEMAAK WORD NIE

5.Jou volledige kontakbesonderhede en ID nommer moet op ‘n aparte dokument voorkom.

6.‘n Kort biografie en ‘n duidelike foto van jouself.

7.‘n Foto/skets van jou beplande voorblad (.jpeg format)

8.‘n Naam vir jou bundel/boek

9.’n Lokteks van jou bundel/boek

10.Inhoudsopgawe in ‘n aparte word.doc

Die lede wat verdere hulp nodig het, kontak my asb. Alle volledige inskrywings moet per e-pos aan skryfafrikaans@ink.org.za




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed