
Lente
Toe ek daar kom, is sy weg. Die boom wat haar deur die winter veilig gehou het is gekraak en gebreek, maar tog bot heldergroen blare op die takke. Van die gekraakte boomstam lei lenteblomme wat in haar voetspore volg. Ek kry haar aan die einde van die blommepad waar sy lente in die woud inblaas. Rondom ons kry die bome lewe en spruit nuwe blare. Ek leun vorentoe om haar te soen.
(Oorspronklik geskryf en in Engels deur Paragraph Planet gepubliseer)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Dis pragtig.