Jongste aktiwiteit:

lewensreis

lewensreis

spikkeltjie in die groot heelal
vasgevang in die stratosfeer
draaiend kringend soekend
gryp na verre sterre
reik na altyd meer
nietige klippie in die see
gery op golwe
in sand gesmeer
in eb en vloed
om en om gemaal
gelouter tot goud
getap tot bloed
die uurglas kantel
‘n oogknip lewe gly verby
alles tevergeefs
nee kosbaar is jy
een garingdraad in die groot tafereel
gesien deur die raaisel in die spieël
‘n enkel stekie wat Sy kunswerk voltooi
©Evanthe 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed