Die seën van jou kindskap
vir die musiekleier ‘n psalm van Jakobus
‘n kneg van die Alleshoogste welgeluksalig is hy
wat die liefde van ‘n moeder besit
die hitte van haar omarming beleef
in die geheimenis is jy kunstig
in haar lende geweef
met moedersmelk reeds
is jou siel gevoed met ewigheids-spyse
jou hoof met olie geseën en;
het jou tree in groen weivelde vertoef
wyl jou tafel oorloop van liefde
omdat jy in jou kindskap haar eer
sal jy jubel in jou grondgebied en
geen onheil by jou tent ervaar
© Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
Anze, so ongelooflik mooi