
lied van lewe
–
fynbos stoot groen blaartjies
golwe druis in aanloop tot hoogwater
lewe klink oral op in mense huisies
wat wit gepleister pryk op sand
die lied wat ek hoor klink sag
klink treurig, getuig van
droë beendere wat lê
oor sand duine van
huidige toestand
wat wag daarop
wag op iemand wat
kan praat en Sy boodskap
van nuwe lewe kan bring
iemand, enigeen wat
bereid is om te sê
dat lewe weer
kan ontkiem
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.