Perspektiewe (Brons)
Perspektiewe
soveel menings geopper
sake van belang bespreek
elkeen het eie perspektief
jy sien ‘n ses, ek sien ‘n nege
die debat raak soms heftig
kan jy dan nie sien wat ek sien?
so wil ons menings afdwing
almal kwaad oor verskille
wie is reg en wie is verkeerd?
soms is daar nie reg of verkeerd
net verskillende perspektiewe
dalk net ‘n leef en laat leef
so bombardeer ons mekaar
vertrap mekaar oor eie menings
verhoudings in woede gesneuwel
was dit regtig die onmin werd?
later jare leer mens te verdra
woorde in sagtheid te spreek
die wete van hoe jy woorde sê
wat verhoudings bly bewaar
©Marianne Buys
24 Mei 2021 08:38
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek