Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: semper vide

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 25 Mei 2021 Aantal woorde: 87 118 Kere gelees 4


kragtig hoër styg die lied
soos golwe gedryf deur wind
teen hawehoof op tot oorloop toe
met wit skuim om die mond
jaag dit gedagtes vry rond
spreek dit tale oop -toe
vertrou altyd – glo
dit is die regte
ding om te
doen

staan ek en peins
op die duin se muur
semper vide op my God
is dit goed genoeg vir Hom
of waai dit soos die wind
waarheen weet jy nie
waarvandaan nog
minder bewus
as ek maar
kan weet

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1169
Kommentaar telling: 147

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 268 gaste aanlyn

Bydraes – Argief