Jongste aktiwiteit:

Liefde [Woordtelling = 1738] (Silwer)

Die liefde is sekerlik een van die mees kontroversiële onderwerpe in ons moderne samelewing.  Oor die liefde het  Langenhoven gesê: ‘Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.’ Nou maar waarom ’n artikel wei oor die liefde? Ons weet mos almal wat liefde is. Ja! Maar is jou persepsie van liefde dit wat ware en opregte liefde is? Laat ek verduidelik.
’n Skilder maak grootliks gebruik van sinestesie* om met behulp van ’n kwas, en die verskillende kleure uit sy palet, ’n kleurvolle gedig met sy skildery uit te beeld. Met ander woorde, skilderkuns is digkuns wat in ’n skildery vasgevang word en deur middel van sinestese tot ons spreek.
Die digter, daarteenoor, maak weer gebruik van digstylfigure en verskillende genres uit die kleurryke palet van sy taal, om sy gedig op papier, met behulp van ‘n pen, potlood of sleutelbord, vas te lê. Met ander woorde, digkuns is verbale skilderkuns, in dié sin dat dit hardop gelees kan word. Die filosoof, Plutarch, het in sy vergelyking van skilderkuns en digkuns, gesê: ‘Skilderkuns is stille poësie, en poësie is skilderkuns wat praat.’ En dít is presies wat die skopus van hierdie artikel is, om aan die leser ’n volledige woordskildery, in ons pragtige Afrikaanse taal te bied oor wat liefde werklik is.
Die vraag is: Waar het liefde dan sy oorsprong vandaan? Wel, soos wat ek dit verstaan, as digter en skrywer uit my vertolking van Joh. 1. van die 1953 vertaling van die Bybel, het die Liefde reg in die begin, tydens die skepping van die hemel en die aarde ontstaan.
Ja, in die begin was die Liefde en die Liefde was by God en die Liefde was God self. Alles het deur die Liefde ontstaan en alles het in die Liefde ontstaan; en in die Liefde het ware liefde ontstaan. Ware Liefde is die die eerste en die laaste. Ware Liefde is die Alfa en die Omega, die begin en die einde. Ware Liefde is dit wat was en dit wat is en dit wat sal wees. Ware Liefde is die Almagtige Skepper. Ware Liefde is Agapē**
In die Antieke Griekse taal is daar altesaam vyf***  woorde vir ‘liefde’. Elkeen van hierdie woorde beskryf ’n spesifieke ‘vorm’ van liefde :-

  • Die woord Agάpē, beteken ‘Goddelike Liefde’ en word gebruik wanneer daar verwys word na die liefde tussen God die Vader en Jesus die Seun van God, asook die liefde wat God vir die mens het soos gemeld in Johannes 3:16;
  • die woord Philia, word gebruik wanneer daar van ’n ‘vriendskaplike liefde’, gepraat word. Met ander woorde, die verhouding tussen twee persone wat baie goeie vriende is, maar nie op fisiese vlak nie;
  • die woord Storge, word gebruik wanneer daar van die liefde tussen familielede gepraat word;
  • die woord Xenia, verwys weer na die liefde wat ’n gasheer- / vrou vir sy /haar gaste het. Xenia kan ook as naasteliefde vertolk word; en
  • die woord Eros, word gebruik wanneer daar gepraat word van, of verwys word na ’n romantiese verhouding tussen ’n paartjie****

Teen hierdie agtergrond nooi ek die leser van hierdie artikel uit om die volgende verhaal wat opgeteken is in Johannes 21:1-17 aandagtig saam met my deur te lees:

Verskyning van Jesus by die see van Tibérias.

  1. NA hierdie dinge het Jesus weer aan sy dissipels verskyn by die see van Tibérias, en Hy het só verskyn:
  2. Daar was bymekaar Simon Petrus en Thomas wat Dídimus genoem word, en Natánael van Kana in Galiléa en die seuns van Sebedéüs en twee ander van sy dissipels.
  3. Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie.
  4. En toe dit al dag geword het, staan Jesus op die strand; maar die dissipels het nie geweet dat dit Jesus was nie.
  5. En Jesus sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee.
  6. En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe aan die regterkant van die skuit gegooi; en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om die net te trek nie.
  7. Daarop sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om — want hy was naak — en werp homself in die see.
  8. Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent tweehonderd el.
  9. En toe hulle geland het, sien hulle ‘n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood.
  10. Jesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle nou gevang het.
  11. Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd-drie-en-vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.
  12. Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was.
  13. En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis.
  14. Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dode.
  15. Toe hulle dan klaar was met die oggend-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.
  16. Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.
  17. Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.’

Met die klem op verse 15, 16 en 17 in hierdie verhaal is daar drie aspekte van die liefde wat  duidelik na vore tree.

  • In vers 15 vra die Here Jesus vir Petrus of hy Hom agape, (wat vertaal is met die woorde ‘waarlik lief het’), in plaas van ‘goddelike liefde’. Met ander woorde Jesus vra vir Petrus: ‘ … het jy My lief met ’n goddelike liefde … ’. Waarop Petrus antwoord dat hy die Here Jesus Philia, (wat vertaal is met die woord ‘liefhet’). Met ander woorde Petrus sê dat hy die Here Jesus liefhet met ’n ‘vriendskaplike liefde’, eerder as met ’n ‘goddelike liefde’, wat agape
  • In vers 16 vra die Here Jesus vir Petrus vir ’n tweede maal of hy Hom agape, (wat vertaal is met die woorde ‘waarlik lief het’), in plaas van ‘goddelike liefde’. Waarop Petrus weereens antwoord dat hy die Here Jesus liefhet met ’n ‘vriendskaplike liefde’, eerder as met ’n ‘goddelike liefde’, wat agape
  • In vers 17 vra die Here Jesus vir Petrus ’n derde maal of hy Hom liefhet, deur die woord Philia, (wat ‘liefhet’, beteken). Waarop Petrus dan bevestigend antwoord: ‘ Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet.’

Kan ons nou hieruit tot die gevolgtrekking kom dat daar twee ‘tipes’ of te wel wyses van liefhê is, naamlik:

      • goddelike liefde, wat agapē is; en
      • vriendskaplike liefde wat Philia
      • dat hierdie twee vorme van liefde ’n groot invloed het op ons in ons lewens, veral wanneer dit kom by die romantiese verhoudig, wat (Eros), tusssen man en vrou; en dat
      • Philia en Eros, ‘gebou’ is op die fondament wat deur agape vir ons gelê is. En voorts die liefde wat daaruit voortspruit, ‘ware liefde’ is.

    Daarmee is ons pragtige woordskildery van wat ware en opregte liefde is kleurvol voltooi op die doek van ons harte.
    —————————————-oo00oo—————————————–
    ©Pieter Mostert
    VOETNOTAS
    *Sinestesie beteken letterlik ‘saam waarneem’ m.a.w. dit is ’n vermenging van sintuiglike waarneming, in die sin dat twee sintuie dieselfde ‘ding’ gelyktydig waarneem,
    ** Agapē is een van die Griekse woorde wat as liefde vertaal word, en meer spesifiek ‘Goddelike liefde’, met verwysing na die liefde tussen God die Vader en Jesus die Seun asook die liefde wat God vir die mens het in Joh. 3:16, van die 1953 vertaling van die Bybel.
    *** Daar is ses volgens ander bronne, maar vir doeleinde van hierdie artikel volstaan ons by die vyf wat hierbo genoem word.
    ****Man en vrou binne die parrameters van hierdie artikel.

                                                     Bibliografie

            • Abrams, M.H. 1999. A glossary of literary terms. Boston: Heinle & Heinle. Boston.
            • Cuddon’s Dictionary of Literary Terms (1984).
            • Dake’s Anotated Reverance Bible Old and New Testament (1963) J. Dakes Dakes Bible Sales Inc. Lawrenceville, Georgia.
            • Die Bybel 1953 vertaling Bybelgenootskap van Suid- Afrika, Roggelbaai, Kaapstad.</l
            • Fromm, Erich The Art of Loving, Harper Perennial ,1956
            • Jan van der Walt ed.al (2012) Interliniêre Bybel Grieks – Afrikaans Nuwe Testament Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging.
            • Joubert, S. 2012 Ontsluit die Nuwe Testament: Omvattende Bybelse Reis vir ’n beter verstaan van die Skrif. Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging.
            • Van der Watt, Jan, Barkhuizen, Jan, & Du Toit Herman. (reds.) 2021 Interliniêre Bybel, Grieks – Afrikaans nuwe Testament: Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.
            • Vine’s Expository Dictionary of Old and New Testament Words (1971) F.F. Bruce. ed. Flemming H. Revelal Company, Old Tappan, New Jersey.

    —————————-oo00oo—————————




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed