Mallemeule
mense staan tou
binne en buite die mallemeule
ongeag van die elle lange rye
klik dan gretig vir die duur
toegangs geld
anderkant die hek
kom sjinese speelgoed
die popcorn, gooi die pop
tergelyk met vele angsgille
uit die mallemeule
en ek dink
monde kon vanaand
bietjie geëet het uit
my onbesonne bydrae
aan die kinderlike grille
tog elke dag maak ek die hek oop
wat so gereeld my vingers knyp
want dankie kom om die draai
stil, onbekend en onverwag
uit ń ander mallemeule
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.