
MOORD STORIE
MOORD STORIE
Lexi Liebenberg het in die vroeë oggend, om 5uur, gaan stap soos altyd elke dag met haar daaglikse onspanning roete deur die veld. Sy hou vreeslik van natuur en was vasgevang in haar eie wêreld. Die vars lug ingeasem en die beeldskone natuur waardeer.
Op pad het sy ewe skielik besluit om vandag ʼn ander roete te vat as wat sy gewoonlik gevat het. Toe gebeur die grootste vrees waarvoor Lexi nog altyd so bang was en nooit gedink het sy sou dit moes aanskou met haar eie twee oë nie. Sy was altyd juis so bang dat hierdie situasie haar sal oorkom en toe tref dit haar onverwags.
Terwyl Lexi so stap deur die veld gewaar sy ʼn jong dogtertjie ongeveer (10) jaar oud se naakte lyk wat al ʼn geruime tyd in die veld moes lê. Sy het besef hierdie dogtertjie se lykie is yskoud en is alreeds dood. Sy het onmiddellik die polisie ontbied, sodat hulle ondersoek kan instel en die verdagte skelm spoedig kan vastrek. Die polisie het dadelik begin om al die leidrade op te volg op die toneel en die lyk spoedig verwyder. Die lykie was vermink en vol bloed, amper onherkenbaar vol meswonde en snye. Hulle het ook die moord wapen ontdek baie naby die klein lykie gevind. Verdagte het haar bebloede klere in ʼn gat ingedruk en tussen die groot rotse versteek. Haar skooltassie is gevind op die bodem van ʼn watergat naby die see. Die duikers het dit uitgeduik in die pikdonker water waar dit vreeslik moeilik sigbaar was. Duikers het ook op die verdagte se dagboekie afgekom, naby ʼn groot bos by die watergat waar hy dit verloor het sonder dat hy agtergekom het, terwyl hy probeer weghardloop het op vlug vir sy lewe.
Lexi was baie geskok, en het hartstogtelik gehuil, toe die polisie daar aankom. Sy het alles aan die hulle vertel wat sy beleef het en gevoel het toe sy op die lyk afgekom het. Haar hele liggaam het gebewe en sy het amper flou geval oor dit wat sy aanskou het. Gelukkig het sy besef sy moet diep asemhaal en mooi fokus om die situasie te hanteer om die polisie te help sover sy kon.
Klein Bella was veronderstel om op ’n skool-uitstappie te gaan, maar het skool geslip en besluit om deur die veld gaan stap.
Die voortvlugtige moordenaar word nou dringend gesoek deur die polisie.
Nou moet haar verpletterde familie haar verminkte lyk kom uitken. Dít is die hartseer lot van die jong Bella Koen (10) van Mosselbaai.
Bella, was sedert 8:00 uur Maandag oggend vermis en is laas in die straat gesien stap in Mosselbaai. Haar erg verminkte lyk is vroeg gisteroggend aan die voet van Mosselbaai se berge gevind. Daar word vermoed dat sy ook verkrag en vermoor is.
En Bella se suster, Jenny Koen (21), sê haar vermoorde sussie was veronderstel om saam in ’n skoolbus op ’n uitstappie te gaan, maar het skool geslip en gaan stap deur die veld in Mosselbaai.
’n Hartseer Jenny het vertel: Sy wou nie daai dag skool toe gaan nie en toe haar skoolsak gevat en gaan loop deur die veld.
Jenny het gesê sy vermoed:
“Een van die mans wat visgevang het op die strand het haar in die veld verkrag en so wreed vermoor.
“Dit was die laaste wat sy en haar lieflingsussie en skoolmaats haar gesien het.”
Jenny, het gesê sy het heeltyd ’n snaakse gevoel gehad omdat Bella nie huis toe gekom het na skool nie. Sy is ʼn goeie kind en het nog altyd betyds huis toe gekom sodra sy van die skool af gekom het.
Lexi het gesê sy vermoed dit kan dalk haar eie broer Jorri Liebenberg wees wat Bella so wreed verkrag het en vermoor het. Omdat haar broer Jorri ook instaat was om dit te doen want hy was al vir jare reeds tronk toe vir moord. Sy het haar broer verdink omdat haar broer op dieselfde wyse die vorige moorde gepleeg het op dieselfde tipe manier as wat klein Bella vermoor was.
Lexi en haar broer se paaie het geëindig in die jaar 1990 nadat hy skuldig was aan moord. Sy haar broer 10 jaar laas gesien toe hy gevonnis was vir sy vorige moorde wat hy jare terug reeds gepleeg het. Diep in haar hart het sy gehoop haar vermoede was verkeerd teenoor haar broer oor die moord toneel. Want sy het haar broer so bitter baie gemis en was nog steeds bitter lief vir hom. Haar verlange was baie groot en gehoop om hom net weer eenkeer te sien.
Blykbaar het Lexi gehoor die verdagte is glo gevang nadat hy per voet deur ʼn voetpatrollie gesien is en hy sy spore gewaar het in die sand. Die veldpatrollie beampte het hom gevolg met spoorsny totdat hy die verdagte gekry het. En hom geboei en gevang het en dadelik polisiestasie toe gevat het.
Die polisie het hom laat loop sonder om sy agtergrond na te gaan en later is vasgestel dat hy glo vir twee verkragtings gesoek word.
Die polisie kon dit nog nie bevestig nie.
Kol. Visagie polisiewoordvoerder, het bevestig aan die koerant dat die polisie die lyk van ’n jong meisie gevind het.
Volgens Kriel is die lyk nog nie positief uitgeken nie en dié van manier waarop die verdagte haar klein liggaam vermink het met ʼn mes omtrent 30 keer gesteek het.
Kriel sê hulle ondersoek ’n saak van moord.
EERS het Lexi se broer Jorri Liebenberg hoog en laag gesweer dat hy sy onskuld nog bewys sal word dat hy nie skuldig is nie.
Maar nadat die verdagte (19) Len Swanepoel Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind is aan die moord op die (10) Bella Koen op 01 Junie 2000 in die veld vermoor was.
Lexi, het op haar lyk afgekom.
Die twee skuldiges sal op 5 Augustus 2000 gevonnis word.
Jorri Liebenberg was nie die skuldige persoon wat Bella vermoor het nie. Hy was per toeval per voet in die veld om na sy suster te gaan soek. Jorri het dadelik geweet as Lexi nie by die huis was nie sal sy in die veld wees. En sommer sy suster daar gaan soek in die veld waar sy gewoonlik gaan stap het. Jorri het met ʼn bus gekom om sy suster op te spoor. Hy was doodonskuldig in hierdie verkragting en moord saak gewees. Lexi was bly haar broer is onskuldig en het ʼn litteken opgedoen in hierdie saak en sielkundige knak opgedoen.
Lexi was en het sielsmoeg geklink toe Die Burger koerant op Sondag haar kort ná die skuldigbevinding van die (19) jarige Len Swanepoel gekontak het. Len is skuldig bevind en het sy 25 jaar tronkstraf ontvang en is gevonnis om uit te vind in die tronk in Kaapstad. Niemand kon glo dat hy dit aan Bella kon gedoen het nie.
Hy was op daai oomblik in ʼn verkeerde tydperk in sy lewe waar hy besig was om drugs te gebruik en nie normaal kon funksioneer nie. Dit het sy hel veroorsaak wat hy aan homself veroorsaak het en dit uitgevoer het. Hy was jonk en baie onverskillig gewees. Hy het sy Moeder verloor op ʼn jong ouderdom en dit het hom altyd gejaag en begin om drugs te gebruik. Hy was heeltemal verlore en gebreek in sy lewe. En het onverskuldige goed aangevang in sy lewe.
Lexi het gesê “Ek is doodmoeg en het ʼn groot skok opgedoen. Ek moet dringend vir sielkundige berading gaan en wil nou niks meer sê nie.”
Sy het net daarna die oproep beëindig.
In Mosselbaai se woonbuurt waar Bella gebly het, was dié straat doodstil. Mense het onder mekaar gepraat, geskinder en gedink dit is weer haar broer wat die moord gepleeg het maar hulle was heeltemal verkeerd gewees.
Geen lewe was te bespeur agter die hoë, geëlektrifiseerde hekke in dié fênsie buurt nie. Die skoolmaats kan nou nog nie glo dat dit gebeur het met Bella nie. Hulle verlang vreeslik na Bella kind. Die skool het ʼn roudiens gehou vir al die skoliere wat saam haar skool gaan uit innige simpatie en liefde vir haar plekkie van leemte by die skool.
“Almal is nou paranoïes ná dit wat met Bella gebeur het,” het Jenny aan haar familie gesê wat in die sitkamer sit en gesels oor alles wat gebeur het. Jenny het aan Lexi gesê, sy is so bly, dat haar broer Jorri onskuldig bevind is en niks met die moord te doen gehad nie. Die skuldige (19) Len Swanepoel is nou agter tralies waar hy hoort.
Lexi se begeerte om haar broer weer te sien het uiteindelik waar geword. Dit het oneindig baie gehelp met die genesingsproses van haar vrees en die litteken wat sy moet verwerk om weer in die samelewing in t pas. Lexi en Jorri het saam na Bella Koen se begrafnis gegaan om hulle simpatie en liefde aan Bella se Familie te toon. Lexi was so opgewonde om haar broer weer in haar lewe te hê en alles saam haar broer te doen en opmaak vir al die jare wat hulle verloor het.
Eleen van Deventer Vorster
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.