My wense tel die sterre
My wense kom snags bymekaar
Hul kom sit in die nag lug om na die sterre te staar
My wens is dat jou siel se gevegte sal bedaar
En die probleme wat jou hart vol lê so swaar
My kind ek stuur aan jou elke ster
Gaan soek na jou drome al lê hul vir die mens se oog ver
Al is dit vir die alle daagse mens hoe onpopulêr
My kind moet nie dat aan jou gesê word ons is net vel en been
Onthou ons is deur ‘n baie groter mag geseën
Luister na jou hart hy weet waarheen
Al lees jy dit is ‘n leuen
My wens vir jou is dat jy op jou eie waarhede sal steun
My kind ek hoop wat jy na soek sal jy vind
Losbreek van enige grense wat jou bind
Gaan kyk in die sterre my kind
My wense los ek vir jou daar om dit as jy verlore is te vind
My kind ek ken jou siel se kleur
Jou hart is fyn en teer
Ek wens vir jou die oppervlakkige afwesigheid van menslike seer
Om jou eie passie te mag beheer
Met siels mense in jou lewens paaie verkeer
Dat jou moontlikhede saam met jou horisone net sal verbreed
Maar uit al my wense aan jou
Is die grootste dat net die mooi aan jou sal bly klou
Dat jy nooit jou ou gedigte op ou papier hoef op te vou
Dat jy nooit jouself sal verbrou
Dat daar waar jy nou in modder sit en grou
Dat dit die fondasie sal wees waarop jy jou lewe sal bou
Deur
Regardt Belo
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
WysEmosie
*al die verborge woorde en emosies* wat ander mense nie van buite raaksien nie. Roer ‘n mens se hart