‘n Rebel kind
‘n Moeder se smart, haar kind is nog nie tuis dis reeds na twee uur die oggend. Sy is moeg, haar moeder’hart voel leeg wat het sy verkeerd gedoen dat haar tiener seun so uitgedraai het. Sy het gelê en luister na elke dreuning van ‘n motor, dalk is dit hy? Dalk is hy bang om huistoe te kom want hy is in die moeilikheid, maar hy dink nie aan sy ma wat haar dood bekommer nie.
Waarom is rolmodelle so nodig in ‘n kind se lewe, vir lewenswaarheid wat goed of sleg kan wees. Dit gee ‘n prentjie van wie jy is, en hoe die toekoms gaan wees. Verkeerde vriende kan lei tot rampe, en skade berokken. Tieners wil mos altyd “cool” op skool wees, waarom voel sommige mense altyd aangetrokKe tot die minder gegoedes?
Twee soorte vriende wat nie ‘n goeie invloed oor kinders het nie, die wurm-vriende en die slegte-appels. Die slegte appels is geneig om alle reëls te verbreek, hulle maak hulle eie reëls, en dan die wurms wat die appels van die boom afpluk nog voor hulle ryp is. So begin tieners dan drank misbruik, dwelms gebruik en by verkeerde plekke uit te hang.
Die beste is om jou vriende te kies wat God in hulle lewe ken, dit is jou beste vriend. Vriendskappe kan baie misleidend en verwarrend wees, sommiges kan by jou staan en met ander kan dinge egter lelik skeefloop. Om gewoon te wees is soms moeilik want sulke kinders word geboelie, deur die sogenaamde leiers.
Gebroke huise het ‘n groot invloed op kinders se sosiale en persoonlike lewe, sulke kinders voel gewoonlik hartseer, kwaad, bang en sukkel met aanpassings probleme.Elke ouers wil graag die beste vir haar/sy kind hê, vir hulle ‘n sinvolle visie op die toekoms gee. Almal wil graag weet wat die toekoms inhou, dit is deel van groot word en daarom moet elke kind fisies en emotioneel daarvoor voorberei word. Dit is belangrik vir kinders om stabiel en veilig te voel, tieners kyk na hulle ouers en hulle probleme het ‘n groot risiko op hulle lewe…
Nou wonder ouers soms waarom hul tieners rebelleer?
2 Kommentare
-
Mary Jane Jylna
Pragtig en so waar... wie sal ooit die hart van 'n Ma verstaan... deurgrond en peil!?? 😇🙏💕
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek