NAGGELUIDE
NAGGELUIDE
Op ‘n nagvlug om kos te soek
kom die uil my gou-gou groet
hoor ek die naguil se roep
net hier vanaf my stoep
Oupa uil het geroep
dit bring heimwee in my gemoed
mense glo dit briing die ewige dood
ook ‘n ander man se verdiende brood
daal doodste stilte in die naggeluide
waar jy al die jare agter jou masker skuil
ek wonder oor die mensdom se verskuilde
in die skemer van die middernag se onheile
wat gaan hierdie boodskap vir my bring
‘n nuwe lied wat ek in my hart kan sing
hang dit net af waarin jou hart ook glo
nee wat ek glo daar is defnitief hoop
my gedagtes sweef nou baie ver
daar bo sien ek ‘n verskietende ster
ek verlang na iemand daar vreeslik ver
elke uil bring ‘n boodskap in die aandster
© Eleen van Deventer Vorster
14/01/2020 -17:00
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.