Jongste aktiwiteit:

Ongerief (Goud)

aan ‘n Jan Rabie tafel
eet ons ‘n wegneem wraak ontbyt
nog net drie koppe is oor
met ‘n vurk in elke oog

ek sien nog die spek
en ek sien nog die eiers
hul lywe is ook reeds weg
net ons drie koppe staan tereg

daar’s nie hande nie
daar’s nie voete nie
net maksimum ongemak
en ‘n roemryke driekopskap

SA Fourie
2020.12.03

‘n Gedig met verwysing na Jan Rabie se kortverhaal “Drie kaalkoppe eet tesame” en wat dui op die ongerief wat misbruik meebring.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed